wenfoto by Hakos gekiek
wenfoto by Hakos gekiek

wenfoto by Hakos gekiek

Elvira Hattingh
Die wenner van die Insight Sterrekunde Fotograaf van die Jaar-kompetisie het sy foto in Namibië geneem. Die Rus Artem Mironov is vanjaar se algehele wenner­ en het op 6 Augustus 2016 dié foto van die Rho Ophiuchi-wolkkompleks vanaf Hakos geneem. Die kompetisie is 'n jaarlikse viering deur die Royal Observatory­ Greenwich in Engeland van die mooiste en skouspelagtige foto's van die heelal deur sterrekundige fotograwe wêreldwyd. In 2016 was dit die kompetisie se agtste­ bestaansjaar en is 'n rekordgetal inskrywings ontvang – meer as 4 500 inskrywings uit 80 lande. Foto www.rmg.co.uk

Kommentaar

Republikein 2025-08-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer