Wen met jou wilde resep!
Wen met jou wilde resep!

Wen met jou wilde resep!

Yolanda Nel
Yolanda Nel – Het jy ‘n wildsvleisresep wat almal se monde laat water? Dan moet jy solank die potte uithaal en die speseryrak regpak, want hierdie kompetisie is net vir jou.

Cook Wild is ’n kompetisie wat deur die Namibiese sjefsvereniging (NamChefs), Agra Provision en die Duitse vereniging vir internasionale samewerking (GIZ) aangebied word.

Enigeen met ‘n liefde vir kook kan inskryf deur ‘n volledige resep met bestanddele, hoeveelhede en metodes in te stuur.

Alle inskrywings sal deur ‘n NamChefs-paneel beoordeel word.

Uit dié inskrywings sal 12 finaliste gekies word om aan ‘n kookkompetisie deel te neem waartydens hul resepte op die proef gestel sal word.

Volgens die organiseerders van die kompetisie sal deelnemers toegelaat word om ‘n handlanger byderhand te hê om seker te maak alles verloop glad.

Hulle sal twee en ‘n half ure hê om die dis voor te berei en in vier borde voor te sit.

Deelnemers moet hul bestanddele self saambring.

‘n Kombuis met al die nodige gereedskap sal wel verskaf word.

Die kompetisie sal op 24 Oktober by die Silver Spoon Hospitality Academy plaasvind.

Beoordelaars sal oplet na smaak, aanbieding, vaardigheid, oorspronklikheid en higiëne.

Waarvoor wag jy?

Belangstellendes het tot 15 Oktober om in te skryf.

Vir meer inligting, kontak [email protected].

Kommentaar

Republikein 2026-01-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer