Wen met jou TV-lisensie

15 September 2016 | Kuns en vermaak
Yochanaan Coetzee - Die NBC het Maandagaand sy TV-lisensieveldtog van stapel gestuur tesame met die bekendstelling van ’n kompetisie wat lisensiehouers vir hul ondersteuning tydens die lisensiehernuwingstydperk beloon.
Die kompetisie, wat tot 30 September duur, het in ’n inkoopsentrum in Windhoek afgeskop, waar die veldtog se ambassadeurs, musikante Big Ben en Chikune, asook die kompetisiepryse bekend gestel is.
N$1 000 is weekliks op die spel en die groot wenner sal met ’n nuwe Suzuki AX 100-motorfiets beloon word.
“Elke mens wat ’n TV in Namibië besit, is verplig om sy TV-lisensiegeld te betaal,” het die NBC se bemarkingsbeampte, Toucy Tjijombo, gesê.
“Ons by die NBC wil egter ook die publiek beloon vir hul ondersteuning deur die jare, veral die mense wat hul lisensies betyds hernu.”
Die sperdatum vir die publiek om hul televisielisensies te hernu, is 30 September. Ná dié datum gaan van huis tot huis inspeksie gedoen word om seker te maak dat alle televisiestelle geregistreer is en dat eienaars in besit van die toepaslike lisensies is.
Ernstige gevolge wag vir diegene wat nie hul lisensies betaal of hernu nie. Dit kan wissel tussen ’n boete van N$2 000, ses maande tronkstraf en daar kan ook op die televisie beslag gelê word.
Die koste is N$204 per televisie vir ’n huishouding, N$60 vir pensioentrekkers en N$220 per televisie vir besighede.
Big Ben, een van die verteenwoordigers van die veldtog, het ’n beroep op die publiek gedoen om die nasionale uitsaaidiens te ondersteun sodat dit kan groei en verseker Namibiërs het toegang tot inligting en vermaak.
“Eerstens is dit die wet dat ons moet betaal. Maar die feit dat die NBC die moeite doen om mense aansporing te gee, wys hoe belangrik dit vir hulle is om te ontwikkel sodat hulle ’n beter diens aan die verbruiker kan verskaf,” het Big Ben gesê.
Sy mede-ambassadeur, Chikune, het ook die publiek herinner sonder die betaling van TV-lisensies, sal die NBC nie plaaslike musiek en TV- en radioproduksies kan ondersteun nie.
“Al kyk jy nie gereeld NBC nie, gebruik al die private dienste die NBC se uitsaaifrekwensie, dus is dit ’n verpligting,” het Chikune gesê.
Vir meer inligting kan die TV-lisensie-­afdeling gekontak word by 061 291 3111 of 061 291 2100, of besoek hul webtuiste by www.nbc.na/tv-­licensing.

Soortgelyk

 

Afrika-lied kom tuis in Namib

23 ure gelede | Kuns en vermaak

Elvira Hattingh - Die Duits-Namibiese kunstenaar Max Siedentopf het wêreldwyd opslae gemaak met ‘n kunsinstallasie in die Namib wat Toto se bekende liedjie “Africa” oor...

CoW verloor ronde teen baas

23 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die geskorste uitvoerende hoof van die Windhoekse stadsraad (CoW), mnr. Robert Kahimise, het 'n ronde teen sy werkgewer gewen.CoW sal waarskynlik binne...

Sowat 7 000 skeepspassasiers sak op Walvis toe

23 ure gelede | Toerisme

Geskiedenis is gister gemaak toe vier groot passasierskepe in die Walvisbaai-hawe op anker gelê het en sowat 7 000 internasionale reisigers op die hawedorp toegesak...

Herstel internet, toegang tot sosiale media in Zim

23 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Om mense in Zimbabwe die gebruik van internetdienste te ontneem, is ‘n skending van hul menseregte en benadeel die ekonomie.“Ons raam die...

Weer vir 17 Januarie 2019

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie oor die sentrale,...

Jong Namibiër maak biomediese deurbrake

23 ure gelede | Gesondheid

Denver Kisting - Sy twee jonger sibbe se worsteling as kinders met asma het ’n jong Namibiese ingenieur aangespoor om ’n toestel te ontwerp wat...

Lui-lui telefoon

23 ure gelede | Tegnologie

Telecom Namibia se landlyne in Windhoek was sedert Dinsdag buite werking. Mnr. Oiva Angula, Telecom Namibia se hoof van korporatiewe kommunikaise en openbare skakelwese, het...

Gedenkdiens gehou vir slagoffers van ongeluk

23 ure gelede | Plaaslik

’n Gedenkdiens vir ses van die sewe slagoffers wat onherkenbaar verbrand is tydens die ongeluk op 10 Augustus 2018, is Dinsdag op Otjiwarongo gehou. Die...

Meer as N$2 miljoen se stukkende verkeersligte

23 ure gelede | Regering

Die hoofstad se munisipaliteit het in 2018 meer as N$2 miljoen bestee om stukkende verkeersligte te herstel nadat dit in padongelukke beskadig is.Mnr. Harold Akwenye,...