Welwitschias takel hierdie provinsies
Rugby
Andrew Poolman - Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het talle veranderinge aan die struktuur van provinsiale kompetisies vir 2019 aangekondig, met drie buitelandse spanne wat ook daarin gesig wys.
Die SuperSport-uitdaagreeks wat op 27 April afskop, is in twee afdelings verdeel, Noord en Suid, met die twee topspanne van elke afdeling wat sake in die halfeindstryde sal uitspook.
Die Noord-afdeling sal uit Namibië, die Luiperds, Valke, Goue Leeus, Blou Bulle, Pumas, Griffons en Griekwas bestaan.
Zimbabwe, Westelike Provinsie, Boland Kavaliers, SWD Arende, Oostelike Provinsie, Haaie en Vrystaat val onder die Suid-vaandel.
Die Namibiese Welwitschias, wat voorberei om in September en Oktober by die Wêreldbeker in Japan 'n goeie vertoning teen Italië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Kanada te gaan lewer, sal opnuut op klipharde provinsiale wedstryde kan reken.
Afrigter Phil Davies se Namibiërs se wedstryde in die SuperSport-reeks:
27 April: teen Goue Leeus in Windhoek.
4 Mei: teen Blou Bulle op Loftus Versfeld in Pretoria.
11 Mei: teen Griekwas in Windhoek.
18 Mei: teen Griffons op Rustenburg.
25 Mei: teen Luiperds in Windhoek.
1 Junie: teen Pumas in Mbombela-stadion, Nelspruit.
8 Junie: teen Valke in Windhoek.
Die Curriebekerreeks skop vanjaar reeds in Julie af, om te verseker dat dit nie met die Wêreldbeker-rugbytoernooi, die Superrugby- of die Pro14-reeks oorvleuel nie.
Die Blou Bulle, Goue Leeus, Haaie, Westelike Provinsie, Vrystaat, Pumas en Griekwas sal van 12 Julie tot 7 September sake om die goue beker uitspook.
Die verdedigende kampioen, die Haaie, sal eerste teen die Griekwas in Durban te staan kom, terwyl die Goue Leeus in Johannesburg sal wag vir die Pumas. Die Blou Bulle pak die WP in Kaapstad in die eerste ronde.
'n Argentynse vyftiental sal saam met Namibië se nasionale span deelneem aan die Curriebekerreeks se Eerste Liga, wat nou uit agt spanne bestaan.
Die Suidwestelike Distrikte (SWD), Boland, Griffons, Valke, Luiperds en Oostelike Provinsie is die SA spanne in dié kompetisie.
Volgens Jurie Roux, uitvoerende hoof van Saru, sal veral die Argentyne se toevoeging heelwat opwinding aan dié reeks verskaf.
“Die Argentyne is voormalige kampioene in die Vodacombeker en hulle het in Superrugby en op die internasionale verhoog bewys dat hulle nie durf onderskat word nie. Ons verwag niks minder van hulle in die Eerste Liga nie,” sê Roux.
Beide mnre. Corrie Mensah, president van die Namibië Rugby-unie, en Mervin Green, uitvoerende hoof van die Namibiese Rugbymaatskappy, het egter gister aan Republikein gesê die Welwitschias se deelname aan die Curriebeker Eerste Liga in die tweede helfte van die seisoen is nog nie 100 persent bevestig nie.
Faktore wat laasgenoemde deelname kan beïnvloed, is dat die Namibië Brouerye (NBL) as die span se borg nog vasgeknoop moet word, terwyl ook verseker moet word dat Wêreldbeker-verpligtinge nie die Namibiese deelname in die wiele ry nie.
Program vir Suid-Afrikaanse kompetisies:
26 April tot 29 Junie: SuperSport-uitdaagreeks.
5 Julie tot 31 Augustus: Curriebekerreeks, Eerste Liga.
12 Julie tot 7 September: Curriebekerreeks, Premierliga.
6/7 September: Curriebekerreeks, promosie-relegasie-wedstryd. – Bygewerk van Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie