Welwitschias soek nu00f3g verbetering
Welwitschias soek nu00f3g verbetering

Welwitschias soek nóg verbetering

Die tuisspan is 'n mengsel van toetsondervinding en nuwe talent uit die klubliga.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Ná die Namibiese nasionale span se kwalifisering vir die 2019 Wêreldbeker sal verwagtinge hoog wees dat die plaaslike amateurspan, die Windhoek Draught Welwitschias, ook kompeterend moet wees in die Curriebeker eerste liga wat môre in Windhoek begin.

Die Namibiërs begin hul aanslag teen die Griffons van Noord-Vrystaat, wat verlede jaar as kampioen van die Curriebeker eerste liga na vore getree het.

Teen laat gister is steeds op die hoogste vlakke oor die finansiering van die Griffons se besoek aan Windhoek onderhandel.

Die Welwitschias is vandeesweek onder 'n nuwe afrigterspan onder leiding van JP Nel en Jaco Engels, ná die vertrek van Lyn Jones. Die Wallieser het ná twee seisoene afskeid geneem toe hy 'n aanbod aanvaar het om Rusland se nasionale span vir die 2019 Wêreldbeker af te rig.

Johan Diergaardt, wat verlede week deur die Namibië Rugby-unie as afrigter aangestel is (in teenstelling met Nel en Engels as aanstellings deur die Namibiese Rugbymaatskappy), het hom ook vandeesweek op die oefenveld aangesluit.

Op die oefenveld was die afrigters en spelers gefokus op hul taak en het dit aan die Unie en die Maatskappy oorgelaat om hul dispuut in die raadsale op te los.

Hoewel Namibië verlede jaar net een uit sy sewe wedstryde in die Curriebeker eerste liga kon wen, het hy die meeste wedstryde met punteverskille van sewe of minder verloor en is die huidige des te meer spelersgroep vasberade om hul staal te wys.

So byvoorbeeld het die Welwitschias die einste Griffons verlede jaar op Welkom opgedreun en het nege drieë gedruk voordat hulle uiteindelik met 66-59 aan die verloorkant was. Die senter Darryl de la Harpe het drie drieë gedruk.

“Ons het Dinsdagaand op die oefenveld met 34 spelers begin en het dus veel meer diepte en opsies as 'n jaar gelede die geval was,” het Nel aan Republikein gesê.

“Mahepisa Tjeriko het 'n besering in laas week se toets teen Kenia opgedoen en gevolglik is slot die enigste posisie waarin ons 'n bietjie dun lyk.

“Ons het egter 'n paar nuwe spelers uit die klubliga ingetrek wat dié seisoen gewys het hulle verdien 'n kans.”

Windhoek Draught Welwitschias: 15 Chrysander Botha, 14 Russell van Wyk, 13 JC Greyling, 12 Johann Tromp, 11 Janry du Toit, 10 Eugene Jantjies (kapt), 9 JC Winkler, 8 Adriaan Booysen, 7 Morné Blom, 6 Thomasau Forbes, 5 Rheinhardt Carelse, 4 Denzil van Wyk, 3 Desiderius Sethie, 2 Obert Nortjé, 1 AJ de Klerk (o.kapt).

Reserwes: 16 Jason Benade, 17 Hauta Veii, 18 Niël van Vuuren, 19 Kami Mieze, 20 Cameron Langenhoven, 21 Justin Nel, 22 Jamie Joseph.

Nog drie spelers op bystand vir die wed­stryddag is Roderique Victor, Driaan Voster en Milaan van Wyk.



PERSTRUIE

Drie nuwe Griffons maak môre in Windhoek hul amptelike provinsiale buiging vir dié unie, berig Suparugby.

Die Perstruie het 'n splinternuwe los­skakel in Niell Stannard, 'n nuwe senter in Nkuyluleko Marwana en 'n nuwe vaskopstut in Giraffe Dlamini.

Die kaptein Duan Pretorius word verskuif van heelagter af binnesenter toe. In laasjaar se oorwinning met 66-59 het hy met agt uit tien doelskoppe geslaag om vir sy span die knoop te help deurhaak.

Behalwe vir Dlamini se insluiting is dit die getoetste agttal wat reeds 'n geruime tyd saam speel.

Colin Herbert maak geskiedenis wanneer hy as 'n losvoorspeler van die reserwebank af begin, nadat hy al sy vorige rugby vir Perstruie as 'n agterspeler (losskakel of senter) gespeel het. Hy is die seun van Eric Herbert, 'n legende van die Noord-Vrystaat wat in die 1980's en 1990's met sy akkurate skopvoet 'n rekordpuntemasjien in provinsiale rugby was.

Anrich Bitzi is die tweede losskakel in die groep.

Die Griffons: 15 Taro Maarman, 14 Warren Williams, 13 Nkululeko Marwana, 12 Duan Pretorius (kapt), 11 Rodney Damons, 10 Niell Stannard, 9 Sherwin Cupido, 8 Codey Basson, 7 Vincent Maruping, 6 Henco Greyling, 5 Neill Claassen, 4 Gavin Annandale, 3 Giraffe Dlamini, 2 Anrich Alberts, 1 Barend Potgieter.

Reserwes: 16 Maliviwe Simanga, 17 Danie van der Merwe, 18 Rikus Zwart, 19 Colin Herbert, 20 Malcolm Kerr-Till, 21 Anrich Bitzi, 22 Wynand Pienaar.

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.3 | EUR to NAD 19.96 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.67 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.92 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.67 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 299.00/OZ UP +0.33% | Copper US$ 4.45/lb DOWN -0.0127 | Zinc US$ 2 884.80/T UP 0.36% | Brent Crude Oil US$ 85.00/BBP DOWN -0.0194 | Platinum US$ 948.58/OZ UP +1.48% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.3 | EUR to NAD 19.96 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.67 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.92 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.67 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 299.00/OZ UP +0.33% | Copper US$ 4.45/lb DOWN -0.0127 | Zinc US$ 2 884.80/T UP 0.36% | Brent Crude Oil US$ 85.00/BBP DOWN -0.0194 | Platinum US$ 948.58/OZ UP +1.48%