Welverdiend, Peter Shalulile!
Sokker
Mamelodi Sundowns se Namibiese voorspeler Peter Shalulile se verowering van twee toppryse (speler van die seisoen, asook spelers se speler van die seisoen) het die kroon gespan op 'n briljante reeks bestendige vertonings vir die kampioenklub in die DStv Suid-Afrikaanse premierliga (PSL).
Shalulile, wat ook die Brave Warriors se onderkaptein is, het Sondag sy Sundowns-spanmaat Themba Zwane en Maritzburg United se Thabiso Kutumela as die ander twee finaliste uitgestof en in die proses met prysgeld van N$450 000 weggestap.
Hy het die seisoen met 15 doele in die premierliga afgesluit, dieselfde totaal as die vorige jaar, en is net-net deur Bradley Grobler van die prys as voorste doelskieter weerhou.
In alle kompetisies hierdie seisoen het hy 20 doele vir Sundowns bygedra – met sy energieke feesvierings van elke doel wat Suid-Afrikaanse en Namibiese sokkerkykers groot vermaak verskaf het.
Shalulile het aan die nuusagentskap Nampa gesê sy spanmaats het dié twee toekennings vir hom moontlik gemaak.
“Ek is baie gelukkig hiermee, maar ek moet krediet gee aan die Sundowns-familie wat my welkom laat voel het by hierdie wonderlike klub. Ek het goeie advies van die tegniese span gekry en hulle het my gehelp om te word wie ek vandag is.”
Hy het bygevoeg die tydperk waarin hy beseer was, was die laagtepunt van sy seisoen, wat bygedra het dat hy met 'n enkele doel tweede op die individuele doelskietlys geëindig het.
Shalulile, wat aansluit by 'n handjie vol Namibiërs wat vir PSL-kampioenspanne gespeel het, sê hy is bly dat sy harde werk vrugte afwerp. “Vir die volgende seisoen (2021-2022) sal ek aanhou hard werk en seker maak ek vaar nog beter.”
Hy het ook verklap dat hy steeds ambisie het om klubsokker in Europa te speel, wanneer die geleentheid hom voordoen.
In die MTN8-uitklopreeks het sy landgenoot Deon Hotto van Orlando Pirates die prys vir die MTN Last Man Standing ingepalm om sodoende met N$80 000 weg te stap.
Van president Hage Geingob, tot Shalulile se voormalige klub Tura Magic, tot sokkergeesdriftiges oor die land heen het hul opgewondenheid oor die beloning vir sy onblusbare sokkervernuf voor die doelkas laat blyk. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie