Weinstein nader appèlhof vir nuwe verhoor
Harvey Weinstein, voormalige Hollywood-rolprentvervaardiger, het in New York aansoek gedoen om te appelleer teen sy skuldigbevinding aan seksuele aanranding en verkragting en gevra dat ’n nuwe verhoor aan hom toegestaan word.
Hy beweer dat die regter verskeie foute begaan het wat hom ’n onpartydige jurie ontneem het. Hy het die appèlhof Maandag genader.
Regter James Burke van die strafhof in Manhattan het Weinstein (69) verlede jaar in Maart tot 23 jaar tronkstraf gevonnis vir die aanranding op Mimi Haleyi, sy gewese produksie-assistent, en die verkragting van Jessica Mann, ’n voormalige aspirant-aktrise.
Weinstein het skuld op die aanklagte ontken.
Sy skuldigbevinding is as ’n waterskeidingsoomblik in die #MeToo-beweging teen seksuele misbruik en teistering beskou.
Van die argumente in die appèl sluit in dat ’n persoon toegelaat is as jurielid nadat Weinstein se regsverteenwoordigers die lid as uiters onbevoeg bestempel het, en dat Weinstein te swaar gestraf is.
Sy regsverteenwoordigers voer ook aan dat Weinstein die veronderstelling van onskuld ontneem is omdat Burke toegelaat het dat drie vroue getuig wat beweer dat hy het hulle aangerand het, hoewel hul bewerings nie tot strafregtelike aanklagte gelei het nie.
Volgens die aanklaers was dié vroue se getuienis nodig om te beskryf hoe Weinstein te werk gegaan het om vroue na hotelkamers of na sy woonstel te lok om rolle te bespreek, waarna hulle aangeval is.
Weinstein se regsverteenwoordigers het Burke in die verhoor versoek om twee van die drie vroue te verbied om te getuig.
Die regter het die jurielede beveel om die drie vroue se getuienis slegs as ’n bewys van Weinstein se voorneme te beskou, en nie as ’n geneigdheid tot seksuele aanranding nie.
Weinstein het gesê die aanklag van verkragting sonder voorbedagte rade moet tersyde gestel word omdat die beweerde voorval te lank gelede gebeur het, en dat ’n nuwe verhoor op ’n enkele aanklag van ’n misdadige seksdaad met voorbedagte rade moet plaasvind.
Selfs al word sy skuldigbevinding omgekeer, staar ander aanklagte in Los Angeles – van gewelddadige verkragting tussen 2004 en 2013 van vyf beweerde slagoffers – Weinstein steeds in die gesig.
Hy kan tot 140 jaar tronkstraf opgelê word as hy in dié saak skuldig bevind word. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie