Weinstein-groep wil hom laat bankrot verklaar
Die direksie van die Weinstein-maatskappy het bekend gemaak dat dié New Yorkse film-en-televisiestudio gaan aansoek doen om bankrot verklaar te word.
Dit volg nadat planne om die maatskappy te verkoop deur die mat geval het.
Daar was tot nou toe geen bevestiging van dié planne op die groep se webblad of sy Twitter-rekening nie.
Sedert meer as 70 vroue die rolprentmaker Harvey Weinstein van seksuele misdrywe beskuldig het, het die maatskappy verskeie moontlikhede probeer om bankrotskap te keer.
Weinstein ontken alle aantygings, verkragting inkluis.
“Die Weinstein-maatskappy was besig met 'n verkoopproses in die hoop om bates en poste te behou,” het die direksie Sondag in 'n verklaring aan onder meer die San Francisco Chronicle en Los Angeles Times gesê.
“Vandag is die gesprekke sonder 'n getekende ooreenkoms beëindig.”
Daar was ook onderhandelinge om die maatskappy vir sowat US$500 miljoen aan 'n beleggingsgroep onder leiding van Maria Contreras-Sweet, 'n voormalige amptenaar in die kantoor van oudpres. Barack Obama, te verkoop.
Dié onderhandelinge het twee weke gelede skipbreuk gely toe Eric Schneiderman, New York se hoofaanklaer, die maatskappy asook Weinstein weens sy beweerde seksuele teistering en wangedrag gedagvaar het.
Schneiderman wou só toesien dat die vermeende slagoffers voldoende vergoeding kry en dat die werknemers beskerm word, terwyl die base, wat glo geweet het van die beweringe en niks gedoen het om dit te keer nie, nie bevoordeel moet word nie.
Die direksie het in 'n brief aan Contreras-Sweet laat weet hy het vertroue in die ooreenkoms verloor.
Geen woordvoerders van die Weinstein-maatskappy of Contreras-Sweet was beskikbaar om kommentaar te lewer nie.
Dié maatskappy, met skuld van sowat US$375 miljoen, is in Oktober 2005 begin en het rolprente soos The King's Speech en Silver Linings Playbook vervaardig.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie