Wegholoorwinning vir Kagama in Rwanda
Rwanda se pres. Paul Kagame het in Vrydag se presidentsverkiesing 'n wegholoorwinning behaal.
Kagame het 98,6% van die stemme op hom verenig en is vir 'n derde termyn tot president verkies.
Sowat 6,78 miljoen mense het vir die verkiesing geregistreer.
Hy is reeds die afgelope 17 jaar die land se president.
Die 59-jarige Kagame het in 1994 'n rebelleweermag gelei wat 'n einde gebring het aan die volksmoord in Rwanda waarin sowat 800 000 mense dood is. Hoewel die land onder sy presidentskap op ekonomiese gebied baie vooruitgang gemaak het, word Kagame daarvan beskuldig dat hy nie opposisie duld nie. Hy word ook van menseregteskendings beskuldig.
Kagame kon vir 'n derde termyn verkies word omdat Rwanda se grondwet ná 'n referendum in 2015 aangepas is om dit moontlik te maak.
Daar was aanvanklik 'n beperking van net twee termyne.
Danksy die veranderings aan die grondwet kan Kagama nou vir 'n termyn van sewe jaar regeer en daarna vir nog twee termyne van vyf jaar elk. Dit kan beteken die Rwandese staatshoof kan tot 2034 aan die bewind bly. Hy sal dan 77 jaar oud wees.
Sedert Kagama in 2000 president geword het, het die land danksy toerisme, mynbou en die verbouing van tee en koffie 'n gemiddelde groeikoers van 7% per jaar gehad. Die Internasionale Monetêre Fonds voorspel dit sal vanjaar 6,1% wees. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie