Wegholbrande woed in Kalifornië
Verskeie wegholbrande oor ‘n groot deel van noordelike Kalifornië het byna gelyktydig uitgebreek en vinnig versprei. Eiendomme van wynlandgoede tot woonwaparke is deur die vlamme verswelg wat vinnig deur klein landelike gemeenskappe verwoesting gesaai het. Minstens tien mense is dood en minstens ‘n 100 beseer met minstens 1 500 huise en sakeondernemings wat in puin gelê is. Duisende mense moes uit hul huise vlug. Foto Nampa/AP
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie