Wees-, weerlose kinders 'n prioriteit
Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn het haar ministerie se begroting onlangs gemotiveer.
Henriette Lamprecht
Meer as 285 000 wees- en weerlose kinders (OVC's) het verlede jaar toelaes van die staat ontvang. Uit dié 285 431 kinders is 148 842 meisies en 136 589 seuns.
Dit is 'n beduidende toename in vergelyking met 2015, toe 204 161 kinders toelaes ontvang het.
Die verbeterde versorging van wees- en weerlose kinders (OVC's) bly een van die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn se grootste prioriteite.
Dié versekering is deur die minister, me. Doreen Sioka, tydens die motivering van haar ministerie se begroting van N$1,29 miljard gegee.
Sowat N$1,28 miljard hiervan is vir die bedryfsbegroting opsygesit, terwyl N$8,1 miljoen aan die ontwikkelingsbegroting toegeken is.
Volgens Sioka het die ministerie vir die vorige finansiële jaar N$4,2 miljoen vir kapitale projekte ontvang.
Dié begroting is onder meer vir die gedeeltelike opknap en onderhoud van die Namibië Kinderhuis in Eros, Windhoek, asook die konstruksie van die Nkurenkuru-gemeenskapsentrum in Kavango-Wes.
Die hoofsaal, gimnasium en administratiewe blok van die nasorgsentrum in Khomasdal is opgeknap, terwyl die retensiebedrag aan die opknap en konstruksie van die ministerie se hoofkwartiere in Windhoek bestee is.
'n Lewensvatbaarheidstudie vir die konstruksie van 'n oorgangsopleidingsentrum in Windhoek is ook voltooi.
Met verwysing na die versorging en beskerming van kinders het Sioka gesê N$963 miljoen, 75% van vanjaar se bedryfsbegroting is opsygesit vir die huidige finansiële jaar se kindertoelae.
N$21,4 miljoen is begroot vir die ondersteuning en verskaffing van subsidies aan residensiële kindersorggeriewe, sowel as die verskaffing van alternatiewe sorg soos pleegsorg, aanneming en skuilings vir kinders en gesinne.
“Dit is ook dieselfde toekenning wat ons gebruik vir dienste en ingryping gemik op straatkinders.”
Vir Vroeë Kinderontwikkeling (ECD) het Sioka gesê 'n bedrag van N$28 246 000 is begroot. Sy het gesê daar moet reeds op 'n vroeë ouderdom in mense belê word sodat die beste resultate gekry kan word.
AANsPORING
Daar is tans 74 061 kinders landwyd by ECD-sentrums ingeskryf.
Sowat 37 855 van dié kinders is meisies en 36 206 seuns. Volgens Sioka het die ministerie ook maandelikse toelaes aan kleuterskoolonderwysers by ECD-sentrums verskaf. “Subsidies dien as aansporing om kwaliteitprogramme en –dienste aan kinders te verskaf sodat hulle hul volle potensiaal kan bereik.”
'n Totaal van 1 002 opvoeders ontvang tans 'n maandelikse toelae van tussen N$l 500 en N$3 000, afhangende van hul vlak van onderrig.
Maandeliks word N$18 618 hieraan bestee. Volgens Sioka verwag die ministerie dat dié getal opvoeders gaan styg as twee opvoeders uit elke kiesafdeling bygevoeg word.
Dit sal die totale getal opvoeders wat subsidies ontvang op 1 244 te staan bring.
Vir die bevordering van geslagsgelykheid en die bemagtiging van vroue is N$42,4 miljoen begroot.
Volgens Sioka word dié program egter gekortwiek deur volgehoue geslagsongelykheid, voorvalle van geslagsgeweld en die onderverteenwoordiging van vroue in besluitnemingsprosesse.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie