Weerwaak teen haelstorms uitgereik

12 November 2020 | Omgewing
Elvira Hattingh – Die Namibiese weerkantoor het ‘n weerwaak teen haelstorms vanaf vanaand in die noorde en ooste van die land uitgereik, terwyl swaar reënstorms ook na verwagting vanaf môre (Vrydag 13 November) in hierdie plekke kan voorkom.

Die weerkantoor se hoofweervoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, het vanoggend aan Republikein gesê reën word ook vanaf vandag weer in die binneland verwag, behalwe vir die suidwestelike helfte. Die reën kan tot in die naweek voorkom.

Kgobetsi meen verder dat Namibiërs in die binneland teen Saterdag ook koeler dagtemperature kan verwag – dit danksy ‘n wolkbedekking en reën wat verwag word.

Dit volg nadat reën gister op plekke soos Omaruru, Otjiwarongo en Khorixas uitgesak het, waar dit onderskeidelik 18 mm, 11 mm en 5 mm gereën het.

Christine Potgieter het die foto gister geneem van reënwolke oor Windhoek.

Soortgelyk

 

Covid-19: In beeld 24 Februarie 2021

9 ure gelede | Gesondheid

Soos sake staan...

Vrou geholpe, man se operasie 'n sukses

11 ure gelede | Gesondheid

Die vrou wat in 'n parkeerterrein by die Katutura-hospitaal in haar motor gebly het om naby haar man te wees wat weke vir 'n heupoperasie...

80 nuwe gevalle, twee sterftes

12 ure gelede | Gesondheid

Twee Covid-19-verwante sterftes is vandag aangekondig, waarvan een in Walvisbaai en een in Outapi. Dit bring die totaal op 413 te staan bring. Tagtig nuwe...

Okavango-alliansie vra vir moratorium op oliesoektog

14 ure gelede | Omgewing

'n Alliansie van plaaslike en internasionale burgerlike organisasies en aktiviste, Save Okavango's Unique Life (Soul), wil hê 'n moratorium moet geplaas word op ReconAfrica se...

Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan "onder die beste...

17 ure gelede | Gesondheid

Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan teen Covid-19 is deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) as "een van die beste in die wêreld" beskryf. Volgens die minister van...

N$583 miljoen vir Namibië se Covid-19 Ontplooiings- en Immuniseringsplan...

17 ure gelede | Gesondheid

Die totale voorgestelde begroting vir Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan vir Covid-19-entstowwe is N$583 miljoen waarvan N$484,8 miljoen vir die aankoop van die entstowwe is....

Covid-19-regulasies geld tot 31 Maart

17 ure gelede | Gesondheid

Pres. Hage Geingob het pas by Staatshuis aangekondig die huidige Covid-19-maatreëls geld vir die volgende 36 dae vanaf middernag tot 31 Maart (Onafhanklikheidsdag op 21...

Metro spoils its customers

19 ure gelede | Plaaslik

Metro Namibia celebrated its birthday in style once again by spoiling five lucky customers each to a trailer of their own, stocked with N$5,000-00 worth...

Knopvelsiekte breek in Omaheke uit

1 dag gelede | Landbou

Knopvelsiekte het by Eiseb in die Omahekestreek uitgebreek en die beweging van beeste in dié gebied is tot verdere kennisgewing opgeskort.Dr. Albertina Shilongo, hoof-veeartsenybeampte in...