Weermagsoldaat vas oor ivoor
Francoise Steynberg - Die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne van die Khomasstreek het Saterdag omstreeks 09:30 in Rhino Parkstraat naby die Rhino Park private hospitaal in die hoofstad 'n weermagsoldaat en 'n vakman met 'n olifanttand in hul besit betrap.
"Die 28-jarige weermagsoldaat en 'n vakman (29) - albei van Rundu - is in hegtenis geneem en aangekla van die onwettige besit en handel van beheerde wildprodukte verskyn," lui die polisie se misdaadverslag.
Die polisieondersoek duur voort.
Foto ter illustrasie Francoise Steynberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie