Weerlig slaan meisie (11) dood

Angolees moker glo man met knopkierie

25 February 2020 | Misdaad
Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis.

Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n mahanguveld in die Onawa-nedersetting naby Outapi in die Omusatistreek deur weerlig doodgeslaan.

Sy was 'n leerling van die Kriopas Ndumeni Gekombineerde Skool.

Die polisieondersoek duur voort.

Drie kinders het die naweek verdrink.

Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag het Ndamono Nangolo (1 jaar en vyf maande) Vrydag omstreeks 13:30 in 'n emmer tradisionele drank verdrink.

Die voorval het omstreeks 13:30 in die Okafitukasisia-nedersetting naby Outapi in die Omusatistreek plaasgevind.

Sondag het nóg 'n kind in 'n emmer verdrink. Die eenjarige Jackson Nghitotelwa se liggaam is omstreeks 19:35 in 'n emmer water in die Eengonyo-nedersetting naby Eenhana gevind.

Ook op Sondag het die agtjarige Shoombe Tangeni omstreeks 16:00 in die Okaloko-nedersetting naby Okahao in die Omusatistreek in 'n waterput verdrink nadat hy en ander kinders na beeste gesoek het.

“Geen vuilspel word vermoed nie,” lui die polisieverslag.

Die polisie ondersoek ook die dood van die drie maande oue Jesaya Shaanika. Hy is Saterdag omstreeks 05:00 dood in sy ma se slaapkamer in die Onenga-nedersetting naby Ondangwa gevind.

'n Sewejarige meisie is die vermeende slagoffer van verkragting.

Volgens die polisie is die meisie glo verlede week deur haar 18-jarige nefie verkrag.

“Na bewering het die verdagte die meisie gevolg waar sy vee in die Omhito-nedersetting in die omgewing van Omundaungilo naby Eenhana opgepas het en haar verkrag,” lui die verslag.

“Die verdagte en slagoffer bly in die dieselfde huis en hy het haar ook glo in haar kamer verkrag.”

Volgens die polisie het die verdagte op die vlug geslaan en hy is nog nie in hegtenis geneem nie.

'n Vrou (28) is glo ook Saterdag tussen 03:00 en 04:00 op Karasburg deur 'n 49-jarige man verkrag. Die verdagte is in hegtenis geneem.

Soortgelyk

 

Nog twee Covid-19-gevalle in Namibië

5 ure gelede | Gesondheid

'n Negemaande oue baba en sy pa is die jongste twee Covid-19-gevalle wat in die land bevestig is. Dit bring die totaal op 13. Die...

Skouspel by Victoria-valle

8 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Op 27 Maart het ‘n enorme 3,890 m³ water per sekonde by die Victoria-valle afgestort. Dit is 54% meer as die langtermyngemiddeld...

Covid-19: Albertus Aochamub ontslaan

10 ure gelede | Gesondheid

Denver Kisting – Die Namibiese diplomaat in Parys, Frankryk, amb. Albertus Aochamub, is uit die hospitaal ontslaan.Dit kom nadat hy onlangs met Covid-19 gediagnoseer en...

Hoofstad onder inperking

22 ure gelede | In beeld

Lang rye mense staan Dinsdag voor winkeldeure in die hoofstad se winkelsentrums om een vir een ingelaat te word. Dít omdat hoktydregulasies die getal mense...

Te min Covid-19-toetsstelle, ventilators

22 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Die grootste struikelblokke in die stryd teen Covid-19 in Namibië sluit in ’n gebrek aan ten volle toegeruste isolasiegeriewe in die streke...

Noodmaatreëls geld reeds landswyd

22 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het gisteroggend by navraag bevestig die Namibiese regering se Covid-19-noodmaatreëls is reeds op die hele land...

‘Trokdrywers ’n nasionale bate’

22 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – “Ons drywers is nou ons belangrikste bate en ons moet na hul welsyn omsien. Soos dinge nou aangaan, kan dit vir hulle...

Weer, Woensdag 1 April 2020

22 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolkte en warm weer met verspreide donderbuie in die noordelike en sentrale dele van die land. Geïsoleerde tot verspreide donderstorms word op plekke...

Otjiwarongo reg vir Covid-19

22 ure gelede | Plaaslik

Augetto GraigOtjiwarongo is hard besig met voorbereidings om die nuwe ­coronavirus by die horings te pak. Die sakeleier mnr. Theo Borstlap en plaaslike apteker mnr....