Weerlig slaan kind dood
Weerlig slaan kind dood

Weerlig slaan kind dood

Francoise Steynberg
Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis.

Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n mahanguveld in die Onawa-nedersetting naby Outapi in die Omusatistreek deur weerlig doodgeslaan.

Sy was 'n leerling van die Kriopas Ndumeni Gekombineerde Skool.

Die polisieondersoek duur voort.

Foto ter illustrasie Jaco Barnard

Kommentaar

Republikein 2026-01-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer