• Tuisblad
  • Weer
  • Weerkantoor voorspel steeds normale tot ondernormale reën

Weerkantoor voorspel steeds normale tot ondernormale reën

Die weerkantoor meen die laat ontwikkeling van El Niño, tesame met sekere toestande in die Indiese Oseaan, kan vir beter reën tussen Januarie en Februarie sorg.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Namibië sal na verwagting steeds normale tot ondernormale reënneerslae tussen Januarie en April vanjaar ontvang.

Tussen Februarie en April word daar wel ondergemiddelde tot gemiddelde reën in die suide van die land voorspel.

Die Namibiese weerkantoor het onlangs weer 'n opgedateerde seisoenale vooruitskouing vir die reën vir 2019 uitgereik, waarvolgens die laat ontwikkeling van El Niño, tesame met sekere toestande in die Indiese Oseaan, 'n geleentheid bied vir verbeterde reëns in Namibië.

Hulle meen die kans op beter reën tussen Januarie en Februarie is nou groter is wat vantevore verwag is.

Volgens die weerkantoor se jongste vooruitskouing bestaan daar egter 'n 25% kans dat die land in die res van die reënseisoen bonormale reën kan ervaar, 'n 40% kans op normale reën en 'n 35% kans op ondernormale reën.

Die weerkantoor meen die Suide sal weer aan die kortste ent trek, met 'n 40% kans op ondernormale reën en 'n kans van 35% dat normale reën sal voorkom.

Die weerkantoor sê alhoewel die seeoppervlaktemperature in die ekwatoriale sentrale en oostelike Stille Oseaan naby of ­bogemiddeld warm was, het dit teen einde ­November weer afgekoel tot meer neutrale vlakke.

Die weerkantoor sê alhoewel 'n El Niño nog nie teen middel Desember gevestig het nie, is daar nog 'n 90% kans dat 'n swak El Niño sal vorm.

Die Namibiese weerkantoor het van dinamiese klimaatvoorspellingsmodelle gebruik gemaak om die vooruitsig oor die komende vier maande saam te stel. Om te besluit of reënneerslae in die gemiddelde, ondergemiddelde of bogemiddelde kategorie val, word dit vergelyk met rekords van die afgelope 30 jaar.



DROOGTE SLAAN HARD

Boere is egter teleurgesteld dat daar tot dusver skynbaar min van enige voorspellings vir reën gekom het en sommige meen die situasie raak nou desperaat.

Veral die suide en westelike dele van die land loop reeds swaar deur. Verskeie boere het al foto's op sosiale media gedeel waar hulle probeer om wild soos koedoes en springbokke te red wat besig is om van die honger om te kom.

Bella Bok Marais het 'n foto en 'n briefie op die Facebookblad Reën in Namibia gedeel van haar pa, 'n Suideboer, wat by 'n groot koedoebul staan wat te maer en swak is om op te staan. Voor die koedoe staan 'n emmer water en voer. Sy sê al wat haar pa vir haar sê, is “my kind, ons moet bid vir reën”.

AUSTRALIESE WEERKENNERS

Intussen het die Australiese Buro vir Metereologie ook aangedui dat seeoppervlaktemperature in die tropiese Stille Oseaan na ENSO-neutrale vlakke teruggekeer het, alhoewel dit tussen November en vroeg in Desember op El Niño-­vlakke gestaan het.

Hulle sê ook dat die atmosfeer nie saamgespeel het om 'n El Niño te kon vorm nie.

Die buro is van mening dat die koeler ­seeoppervlaktemperature dalk aan die beweging van die ­Madden-Julian-ossilasie (MJO) toegeskryf kan word. Die MJO is egter besig om ooswaarts te beweeg, wat passaatwinde verswak en kan veroorsaak dat die seeoppervlak weer warmer raak.

Die buro sê ook die meeste weermodelle dui aan dat seeoppervlaktemperature in die tropiese Stille Oseaan waarskynlik naby El Niño-vlakke sal bly tot ons vroeë herfs, maar voeg by dat die meeste modelle minder akkuraat is wanneer dit in herfstye voorspellings waag.

“As die ­seeoppervlaktemperature egter tydens die somer aanhou warm bly, verhoog dit die kanse dat 'n El Niño wel in 2019 kan vorm,” lui die buro se verklaring.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026