Weer Wêreldbeker toe!

Andrew Poolman
Die vreugdevure brand hoog in Namibiese hokkie, ná die nasionale vrouespan se merkwaardige triomf om vir volgende jaar se binnenshuise Wêreldbeker in België te kwalifiseer. Spankaptein Maggy Mengo was gister in die finaal van die Afrikabekertoernooi in Durban opnuut ’n nagmerrie vir Suid-Afrika en het met 2-0 gewen om die vorige twee dae se nederlae van 1-2 en 0-4 te wreek. In die finaal het ’n vroeë doel deur Caitlin Gillies (negende minuut) haar span op die wenpad geplaas, voordat Sunelle Ludwig in die derde kwart (26 minute) die enigste ander doel van die wedstryd behaal het. Die Namibiese mans het die ganse naweek dapper geveg, maar Suid-Afrika het die WB-plek met 4-1 opgeraap, ná hul wentellings van 6-3 en 9-3 op die vorige speeldae. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2026-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer