WBPHS-skoolhoof vier 21 jaar van genade
Kolskoot . . . Dít is die woord wat me. Estelle Eigelaar se diens by Walvisbaai Privaat Hoërskool (WBPHS) die afgelope 21 jaar definieer.
Vir haar word jou sukses nie net deur jou ervaring bepaal nie, maar ook deur hoe jy met mense werk en natuurlik jou selfvertroue.
Maar belangriker as dít is dat jou geloof en verhouding met ons Hemelse Vader sentraal tot jou menswees wees.
Me. Eigelaar loop oor van hierdie kwaliteite en dit is juis hoekom sy in 1996 skoolhoof geword het en steeds die skool met soveel passie dien.
By óns skoolhoof wil jy altyd gaan tee drink, want sy het oneindig baie kennis en ervaring en het altyd 'n (goeie) appeltjie met jou te skil.
Onderwys was vir haar van kleins af 'n passie, maar daar was 'n onsekerheid oor waarin om te spesialiseer; hoërskool (die woelige klomp) of laerskool (nóg woeliger). Nou spesialiseer sy sommer in beide.
Volgens haar was die skool deur 'n moeilike tyd toe Namibië onafhanklik geword het.
Leerlinge en personeel het ook al minder geword toe die skool van Afrikaans na Engels oorgeslaan het, maar dit was nie te veel vir Ystervrou Eigelaar nie.
Met die Here se hulp en genade en die personeel en direksie wat haar deur dik en dun ondersteun het, het hulle die wa deur die drif getrek.
Me. Eigelaar loop 'n pad met die skool se leerlinge, hand aan hand, maak nie saak wat nie.
“Fataal” (me. Eigelaar se sêding) is 'n woord wat 'n hele storie verteenwoordig en sal vir nog baie geslagte oorvertel word. Me. Eigelaar hou skynbaar nie van verrassings nie, want as fyn beplanning onderbreek word of omvergewerp word, is daar heeldag chaos. Maar 'n verrassing uit die hart word altyd waardeer.
Volgens haar is dit 'n voorreg om by WBPHS te werk en te sien hoe die skool se leerlinge ontwikkel en as 'n span saam werk. ”Dit gaan oor die kind en dit is die kind se skool,” sê sy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie