Watwou bagasieruim – Airbus gee jou slaapplek
As jy verkies om op jou langafstandvlug na Europa of Asië eerder 'n deeglike nagrus te hê as om 'n paar ou flieks te kyk, kan die vliegtuigvervaardiger Airbus dalk binnekort 'n oplossing hê.
Airbus het pas 'n vennootskap met Zodiac Aerospace beklink om nuwe slaapkwartiere vir passasiers in die vragruim van sy vliegtuie te ontwikkel.
Die modulêre eenhede met gerieflike slaapbanke sal in die vliegtuig se bestaande vragruim pas.
Airbus hoop om teen 2020 reeds dié geriewe in sy vliegtuie te hê, aanvanklik eers net in die Airbus A330.
Airbus en Zodiac het die ooreenkoms vandeesweek op 'n handelskou in Hamburg, Duitsland, bekend gemaak.
Die nuwe modules sal maklik met gewone lugvraghouers omgeruil kan word soos wat 'n spesifieke vlug se behoeftes en vraag verander. Geen wysigings sal aan 'n vliegtuig se bestaande vragruimvloer en vraglaaistelsel nodig wees nie.
Christophe Bernardini, uitvoerende hoof van Zodiac Aerospace se kajuitafdeling, sê 'n verbeterde passasierservaring is 'n sleutelelement vir lugdienste om hul mededingende aanbod te verbeter.
Geoff Pinner, hoof van Airbus se kajuit-en-vragprogram, sê baie positiewe reaksie is reeds oor die eerste proefmodelle van die slaapkwartiere van verskeie lugdienste ontvang.
Lugdienste sal teen 2020 uit 'n katalogus van verskillende oplossings vir die A330 kan kies. Soortgelyke slaapkwartiermodules word ook vir die A350 XWB ondersoek.
Zodiac Aerospace het reeds lof vir sy ontwerpe van veel gemakliker slaapkwartiere vir lugdienste se kajuitpersoneel in die vragruim as die beknopte geriewe vir personeel in 'n gewone vliegtuiguitleg ontvang.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie