Watertoevoer na Windhoek vir 60 uur gesny
Vanweë groot instandhoudingswerk by die Von Bachdam, gaan die watertoevoer na Windhoek vanaf 17:00 Vrydagmiddag tot 06:00 Maandagoggend gesny word.
Die munisipaliteit doen in 'n dringende kennisgewing 'n beroep op Windhoekers om gedurende dié 60 uur uiters spaarsamig te gebruik.
Besighede word selfs versoek om die ure wat gewerk word, aan te pas sodat minder water verbruik kan word.
Die waterdruk gaan ook laag wees, sê die munisipaliteit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie