Watertafel nié kitsoplossing vir Noorde se dors
Nuwe inligting dui daarop dat die benutting van die reusewatertafel in Ohangwena duur gaan wees en baie navorsing verg.
Ileni Nandjato - Ondanks aanvanklike spekulasie sal die Kalahari Ohangwena-akfiwer (KOH2) nie die noorde van Namibië vir 400 jaar van water kan voorsien nie.
Die watertafel bevat volgens die komitee aan die stuur van die projek wel ongeveeer 20 miljard kubieke meter water.
Daar is egter sorge oor die gehalte van die water, het die adjunk permanente sekretaris van landbou, water en bosbou, mnr. Abraham Nehemia, tydens ‘n tweedaagse vergadering op Eenhana gesê.
Die akwifer voorsien tans water aan Eenhana, Okongo and Omundaungilo, maar die water bevat hoë vlakke van fluoried. Die water word volgens Nehemia tans op Eenhane met pyplynwater gemeng.
“Hoe meer water ons onttrek, hoe meer fluoried kry ons,” het hy gesê.
Volgens mnr. Martin Quinger, projekbestuurder verbonde aan Duitsland se Federale Instituut vir Geowetenskappe en Hulpbronne, moet nog baie navorsing uitgevoer word. “Ons is nog nie seker hoe die watertafel reageer nie, want vlakke het nog nie verminder nie. Die watertafel word gevoed deur water uit Angola en ons wil dit nie volledig uitput nie,” het Quinger verduidelik.
In 2011 en 2012 is boorgate naby die produksieboorgat se vlakke gemonitor. In daardie tydperk het 635 000 kubieke meter water ingevloei, maar heraanvullig geskied volgens Quinger baie stadig.
Duur proses
Volgens NamWater se bestuurder vir geohidrologie, mnr. Henry Mukendwa, is die sink van boorgate baie duur en gevaarlik.
Om een boorgat te sink, kos in totaal N$5,6 miljoen.
“Dan boor ons 300 meter diep. Hoe dieper jy boor, hoe duurder en meer ingewikkeld raak dit,” het Mukendwa gesê. In gevalle moes toerusting ondergrond gelos word omdat dit onherwinbaar was.
KOH2 is geleë onder KOH1, wat soutwater bevat. Die gevaar is dat die een watertafel die ander kan besoedel. Boorgate moet met beton versterk word.
Geen onafhanklike liggaam het nog die watergehalte getoets nie en geen suiwering word nog uitgevoer nie.
Die goewerneur van die Ohangwenastreek, mnr. Usko Nghaamwa, het versoek dat die voltooiïng van die projek bespoedig word. “Mense kry swaar,” het hy gesê oor die gebied oos van Eenhana.
Die komitee kon nie sê hoe lank dit nog sou neem voordat volhoubare watervoorsiening uit die akwifer moontlik is nie.
Volgens die Harambee-voorspoedplan moet lewering binne vyf jaar geskied.
Namibië en Angola het ‘n regsooreenkoms oor die benutting van die oorgrenswatertafel gesluit. Kommissies vir die Kunene- en Okavango-komme en verskeie subkomitees oorsien hierdie samewerking.
Sedert 2009 is reeds 21 toetsboorgate gesink. In 2014 het die Eenhana-boorgat ineengestort en dit moes vervang word.
Die Europese Unie het dusver sowat N$25 miljoen tot die projek bygedra.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie