Waterrekeningskok
Waterrekeningskok

Waterrekeningskok

Die munisipaliteit sê hy het die publiek verlede jaar reeds in kennis gestel die droogtetarief vir water sal voorts toegepas word.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Windhoekers is geskok oor hul jongste waterrekeninge, wat in verskeie gevalle twee keer so hoog as gewoonlik is.

Windhoek se munisipaliteit (CoW) is sedert Maandag met navrae hieroor oorstroom.

Die oorsaak is glo CoW se skielike toepassing van ‘n spesiale, hoër watertarief wat tydens waterskaarstes geld, asook die feit dat meterlesings nie tydens die vakansieseisoen geneem is nie.

Bekommerde lesers het Republikein gister laat weet hul rekeninge is tussen 77% en 100% hoër as gewoonlik en hul navrae werp geen lig op die krisis nie.

Mnr. Harold Akwenye, munisipale woordvoerder, het gister bevestig hulle het sedert Maandag verskeie klagtes oor uitsonderlike hoë waterrekeninge ontvang, en bygevoeg ‘n nuusverklaring met meer inligting sal binnekort uitgereik word.

REDES

Akwenye sê een rede vir die hoë rekeninge is dat meterlesings nie in die vakansieseisoen geneem is nie, wat mense se rekeninge hoog laat voorkom omdat dit oor meer as een maand strek.

Hy sê ’n ander oorsaak kan die spesiale watertarief wees wat in droogtetye vir huishoudings geld en veral diegene raak wat meer as 30 000 l water per dag verbruik.

Hiervolgens moet ‘n huishouding wat meer as 1 000 l water per dag in ‘n tydperk van waterskaarste verbruik, N$141,00 per m³ opdok in vergelyking met net N$61,00 in tye wanneer die stad nie onder ‘n waterskaarste gebuk gaan nie.

Akwenye wou nie sê of dié spesiale droogtetarief nou eers in werking getree het nie, maar ‘n ingeligte bron sê die munisipaliteit se finansiële afdeling het weens ‘n tegniese fout van 1 Augustus af die tarief slegs op besighede toegepas en dit is nou eers vir huishoudings ingestel.

Dit is dus moontlik dat huishoudings se rekeninge die hoër tariewe nou eers weerspieël en dit is boonop terugwerkend tot 1 Januarie vanjaar.

Daar is glo besluit om huishoudings vir die vyf maande van verlede jaar grasie te gee toe die spesiale tarief reeds in werking moes getree het, het die bron gesê.

KENNISGEWING

Akwenye sê waterverbruikers is betyds hiervan in kennis gestel en dit slaan die grootste verbruikers die hardste.

Hy sê afgesien daarvan dat die toepassing van die tariewe reeds in Julie se munisipale nuusbrief, Aloe, aangekondig is, het ‘n kennisgewing hieroor ook in ‘n koerant verskyn.

Volgens Julie 2018 se Aloe moes die munisipaliteit noodgedwonge hul waterbestuurplan van ‘n kategorie B (verskaffingswaarskuwing) na ‘n kategorie C-scenario verander, wat op ‘n waterskaarste dui.

Dié verandering is op ‘n analise van beskikbare water vir die volgende drie jaar gebaseer.

Hiervolgens is ‘n waterskaarste toe amptelik afgekondig en dienooreenkomstig is waterbeperkings aangepas, wat insluit dat Windhoekers 5% tot 10% water moet bespaar.

Op die laaste blad van die publikasie word die implementering van watertariewe tydens ‘n waterskaarste uiteengesit.

Die huishoudelike tarief vir water tydens waterskaarste benadeel die swaarste verbruikers.

Hiervolgens is ‘n tarief van N$33,20 per kubieke meter betaalbaar wanneer jou huishouding tussen 6 en 22 m³ per maand verbruik, terwyl die hoër tariewe onder normale omstandighede eers van toepassing is op huishoudings wat 6 tot 30 m³ water per maand verbruik.

In droogtetye moet huishoudings N$61,00/m³ opdok as hulle tussen 22 en 30 m³ water per maand verbruik.

Diegene wat meer as dit verbruik, betaal N$141,00/m³.

Die munisipalteit sê die toepassing van hierdie tarief is baie belangrik, omdat Windhoek vanjaar heel moontlik weer ‘n waterkrisis die hoof sal moet bied.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%