Water: Verligting ná hemelhoë rekeninge
CoW het gister verduidelik die droogtetarief is verkeerdelik terugwerkend vir agt maande op huishoudings toegepas.
Elvira Hattingh - Windhoekers wat vandeesmaand uitsonderlike hoë waterrekeninge ontvang het, kan ‘n sug van verligting slaak omdat die droogtetarief vir huishoudings net tot Januarie terugwerkend toegepas sal word.
Dit beteken verskeie huishoudings, wat reeds planne moes beraam om hul buitensporige waterrekeninge vandeesmaand te kan betaal, sal rekeninge sal volgende maand gekrediteer word.
Geen huishouding se water sal in die volgende twee en ‘n half weke afgesny word, terwyl die munisipaliteit die saak regstel nie.
Dít volg nadat die Windhoekse munisipaliteit (CoW) gister tydens ‘n nuuskonferensie verduidelik het ondanks die feit dat die raad besluit het om die droogterief terugwerkend tot 1 Januarie toe te pas, het inwoners in Februarie rekeninge ontvang wat verkeerdelik tot 1 Julie verlede jaar teruggedateer het.
CoW het eers in Desember ontdek hulle het nagelaat om die verhoogde droogtetarief van 1 Augustus verlede jaar af toe te pas, toe ‘n droogte aangekondig is.
Die droogtetarief is toe verkeerdelik slegs op besighede toegepas.
“Dit het veral ‘n ernstige impak op kliënte gehad wie se waterlesings oor ‘n langer tydperk geskat is,” het mnr. Harold Akwenye, munisipale woordvoerder, gesê.
DROOGTETARIEF ÓF RANTSOENERING
Akwenye het verduidelik ‘n waterskaarste is reeds in Augustus verlede jaar aangekondig en inwoners moes gevolglik minstens 10% water bespaar – iets wat nog nie gebeur het nie.
Volgens hom is die enigste ander opsie vir die droogtetarief die rantsoenering van water, wat beteken die hele stad se water sal vir sekere tye van die dag afgesny word.
“Die publiek word aangemoedig om hul waterverbruik onder 730 l per dag of onder 22 000 l per maand te hou.
“As jy dié teiken verbysteek, sal jy outomaties in die duurder kategorie val en N$61 per kubieke meter moet betaal. As jy meer as 30 000 l per maand gebruik, sal jy N$141 per duisend liter moet opdok,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie