Water stroom ses damme binne
Water stroom ses damme binne

Water stroom ses damme binne

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Danksy goeie reën het ses damme die afgelope week ’n invloei van water gekry, met die Hardapdam wat vanoggend steeds 114,2 m³ water per sekonde gekry het.

Dié dam het met ’n verdere 2,1% sedert gistermiddag om 17:00 gestyg en vanoggend was dit 9,3% vol.

Terselfdertyd het die Von Bachdam sedert Maandag met 20% gelig en vanoggend op 58,9% gestaan. Die dam kry tans ook 89,6 m³ water per sekonde.

Die Swakoppoort- en Omatakodam, wat saam met die Von Bachdam water aan sentrale dele van die land voorsien, was vanoggend om 08:00 onderskeidelik 11,9% en 21% vol.

Die Swakoppoort ontvang steeds 36,4 m³ water per sekonde, terwyl 15,5 m³ water die Omatakodam elke sekonde binnevloei.

Die Ooste se Otjiverodam staan nou op 9% en was die afgelope Maandag nog leeg. Die Oanobdam het ook van 46,8% na 47,2% gelig.

Die Hardapgebied se Dabibrivier het sy walle oornag oorstroom en die Hardap se besproeiingskanaal beskadig.

Van dié rivier se water lê tans in besproeiingsboere se landerye (foto), terwyl die rivier steeds sterk vloei.

Die Dabibrivier vloei nie die Hardapdam binne nie.

FOTO’S VERSKAF.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A