Water spat by die Cube
Swem
Tielman van Lill - Die IJG Holdings Debmarine Namdeb-stigting nasionale kortbadkampioenskap het gister in Swakopmund by die Cube-swembad begin, waar 175 atlete van sewe klubs tot Sondag gaan deelneem.
Die klubs is Aqua Swimming & Fitness-klub met 38 swemmers, Dolphins Swimming (86), Flippers Swimming School (20), Marlins Aquatic-klub (8), Oranjemund Sand Sharks (13), Phoenix Swimming-akademie (1) en die Swakopmund-swemklub (9).
Me. Nicky McNamara, skakelbeampte van die Namibië Amateurswemunie (NASU), sê sy is opgewonde oor die kampioenskap.
“Ons is dankbaar dat IJG Holdings en die Debmarine Namdeb-stigting vir die byeenkoms as hoofborge aan boord gekom het. Die ondersteuning van die borge om swem wat ’n groeiende sport te ondersteun, word werklik waardeer.
“Ons gaan die jaarlikse prysuitdelingseremonie Saterdag vanaf 17:30 by die Swakopmund Paintball & Action-arena hou. Al ons swemmers sal vir hul vertonings gedurende die 2018-’19-seisoen vergoed word, waar Old Mutual ons weer geborg het.
“Ons by NASU spreek ons opregte dank aan IJG Holdings, die Debmarine Namdeb-stingting, Old Mutual, Bank Windhoek, Rent-a-Drum, Emcon, SlowTown, Fika Coffee Bar en Perfect Wishes uit. Sonder julle sou die kompetisie nie moontlik gewees het nie,” het McNamara gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie