Water so ver soos jy kan sien
Tanja Bause
Daar is niks soos reën en water wat ’n Namibiër so gelukkig soos ’n kind in ’n lekkergoedwinkel maak nie.
Ek en my familie en vriende het die naweek – soos talle ander Namibiërs – die pad Suide toe aangedurf. Baie mense het gesê die paaie is verspoel en dit sou dalk beter wees om ’n week of twee te wag.
Dit is presies hoekom ek die laaste paar keer, toe die water by Sossusvlei ingeloop het, dit nie gesien het nie. Ek het vir mense geluister en nie ’n kans gevat nie. Dié keer het ons besluit ons ry in twee bakkies en niks sal ons keer nie. Ons sal stadig en versigtig ry en as ’n pad oorstroom het sou ons omdraai, maar ten minste het ons probeer.
Ses van ons het Saterdag dou voor dag uit Windhoek vertrek en besluit om Spreetshoogte af te ry en van daar af deur Solitaire na Sossusvlei en Sesriem te ry.
Ja, die pad was plek-plek verspoel, veral daar waar water oor die pad geloop het, maar dit was nie meer of minder as gedurende ander reënjare nie en beslis nie so onrybaar en gevaarlik soos die doemprofete voorspel het nie. Ons het vir etlike kilometers vir die slegte pad gewag en vir ’n rivier waardeur ons nie kon ry nie, maar daar was niks nie. Ons het in een stuk en redelik maklik in Sossusvlei aangekom.
Die laaste vyf kilometer na die vlei moes ons in ’n tweespoorpad ry. Links en regs van ons was net water en modder so ver soos jou oog kon strek. Dit was ’n onbeskryflike ervaring om die water en modder tussen en voor die duine te sien.
Jy kon net hier en daar uit die spoor klim om die voertuie wat van voor kom verby te laat gaan en daar was baie voertuie. Dit het gelyk soos miere wat heen en weer beweeg.
Namibiërs is ongelooflik wanneer dit by so ’n geleentheid kom en almal gun hul medemens die geleentheid om dit ten volle te geniet. Mense kyk onmiddellik links en regs na ’n moontlike plek waar hulle kan uitdraai as daar ’n voertuig van voor kom. Die persoon wat eerste ’n plek kry draai uit en die ander ry verby. Niemand is haastig of ongeduldig nie. Almal waai en glimlag.
Daar was een gat met water in waardeur ons moes ry. Die mense wat van voor gekom het en al daardeur was, het aan die anderkant gewag en beduie bietjie links, bietjie regs. Wanneer jy dan teruggery het, het jy dieselfde gedoen. So het almal sonder probleme en met mekaar se hulp deur die water gekom.
By die vlei het ’n ongelooflike feestelike atmosfeer geheers. Talle voertuie en mense met breë glimlagte het die water aangedurf. Jonk en oud was in die water – baie met klere en al – want klere kan mos weer droog word en wie weet wanneer ons weer die geleentheid gaan kry om in die bruin water van Sossusvlei te kan baljaar.
By die lodge groet almal mekaar, want jy weet ons het van heinde en verre gekom om in die water te ontspan.
Daar word gevra was jy al by Sesriem? “Dit is ’n moet, want dit was nog nooit of baie lanklaas so vol water, sê die een. In my lewe het ek dit nog nie gesien nie, sê die ander.”
Almal is in ’n goeie luim en gesels oor water terwyl hulle in die water sit. Dit is nie net die land wat ontsettend dankbaar oor elke druppel is en dit met ’n groen tapyt wys wat oor die landskap getrek is nie. Dit is ook die mense wat elke druppel geniet en vir die dag van al hul probleme vergeet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie