Water op Mariental ondrinkbaar
Tanja Bause - “Hoekom moet hulle koerante toe hardloop?
“Sê hulle moet na ons kantore toe kom.”
Dít was ’n munisipaliteitsbeampte van Mariental se woorde voordat hy die foon neergegooi het.
Republikein het die munisipaliteit geskakel nadat verskeie inwoners oor die water op die dorp gekla het.
“Die water is ondrinkbaar. Dit het ’n verskriklike reuk en dit is melkerig. Ons gebruik gekoopte water om mee te kook, koffie te maak en te drink,” het 'n inwoner gesê.
Volgens hom is die gehalte nog swakker as die water warm word.
“As jy in die stort is en die warm water kom uit die geiser kan jy nie in die stort bly nie. Daar hang ’n onuithoubare reuk in die lug,” sê hy.
Volgens hom het daar niks gekom van verskeie klagtes by ’n raadslid oor die water nie.
“Dit is blykbaar NamWater se skuld en die munisipaliteit kry nie antwoorde van hulle af nie, so nou los hulle dit net so.”
Die probleem het glo verlede jaar in Oktober al kop uitgesteek.
“Die rakke met gebottelde water in die winkels is leeg. Ons het juis gister weer gaan water koop en die rakke was leeg. Ons moes na ’n ander winkel gaan. Ek sou graag wou weet wat die omset van gebottelde water op Mariental sedert Oktober is,” het die man gesê.
Volgens sy huishulp is daar verskeie kinders in haar woonbuurt met omgekrapte mae en diarree weens die water.
’n Inwoner op die plotte by die Hardapskema het ook gesê die water het hom siek gemaak en dit ruik of daar insekdoder in is.
“Ek het gister by die winkel gesien hoe die mense in rye staan om hul waterhouers vol te tap en water te koop,” het hy gesê.
“Die jongste gerug is dat magnesium en yster by die water gegooi is om die alge dood te maak, maar dit kan seker nie maande vat nie. Ander dorpe in die land behandel ook hulle water teen alge en dit is steeds drinkbaar.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie