Water net waar jy kyk
Ná ’n week van goeie reën is landerye, velde en paaie in die Grootfontein-omgewing onder water. Mnr. Wimpie van Rensburg van die plaas Lushof, sowat 12 km buite die dorp, het sedert November verlede jaar ’n bonormale 800 mm gemeet. Talle fonteine het ook uitgeloop. Die afdraai vanaf die hoofpad tussen Grootfontein en Otavi na die Hoba-meteoriet is nog steeds onder water. Foto Wimpie van Rensburg
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie