Water dalk op pad vir Hardap

Boere hou asem op

16 January 2020 | Landbou
Elvira Hattingh - Besproeiingsboere op die Hardap-skema het gister teen saktyd asem opgehou om te sien of water wat met die Visrivier afgevloei het, die dam eindelik sal bereik.

“Die rivier loop sterk en die water is so te sê by die dam. Van die boere, wie se plase aan die rivier grens, monitor die rivier. Tans is dit nog so heuphoogte diep,” het ’n melkboer op die Hardap-skema, mnr. Kokkie Adriaanse, gister oor middagete telefonies aan Republikein gesê.

Adriaanse is ook die Suiwelprodusentevereniging (SPV) se voorsitter.

“Ons sal waarskynlik eers teen môre of Vrydag weet hoe sake staan en of die water wel die dam bereik het. Ons hoop die water sal die dam met minstens 1,5% lig, wat ons nog ’n maand grasie vir besproeiing sal gee,” het Adriaanse gesê.

Hy sê hulle skoei hul verwagtinge op skattings van hoe diep die rivier tans by sekere punte vloei.

“Hierdie is goeie nuus en ek glo nie besproeiingswater gaan einde van die maand op wees nie,” het hy gesê.

NamWater het verlede jaar aangekondig hy sal watertoevoer na besproeiingsboere rondom die Hardapdam vir die eerste keer in die geskiedenis nie kan volhou indien damvlakke die 4,5%-punt bereik nie.

Volgens die waterverskaffer se jongste damverslag het die dam net sowat 6,6% water oor.

Besproeiingsboere vrees die Hardapdam kan na verwagting teen die einde van Januarie te leeg wees om enige verdere besproeiingswater te lewer.

Hulle het besproeiing sedert die begin van November reeds op 40% van hul landerye gestaak - ’n noodmaatreël om besproeiingswater so lank moontlik te laat hou.

Dit res van die water moet as drinkwater vir Mariental gespaar word.

Mnr. Wille Agenbach van Goedbegin Melkboerdery op die Hardap-skema sê hy wag ook om te hoor of water die dam gaan bereik.

Intussen koop hy voer aan vir sy melkbeeste en beraam planne om ’n boorgat te sink sodat hy drinkwater aan sy melkkoeie kan voorsien.

“Ander opsies is om ’n bietjie drinkwater vir my beeste uit die rivier te pomp, maar dit kom met risiko’s. Ons het ook ’n vergunning om huiswater te gebruik om vir die beeste te gee, maar dit is nie koste-doeltreffend nie,” het Agenbach gesê.

“Dit moet net reën, daar is nie ander planne nie,” het hy gesê.

NamWater het voorheen gesê sodra die Hardapdam se watervlak tot op 4,5% daal, sal Mariental self net genoeg water vir twee reënseisoene oorhê. Na raming is meer as ’n duisend huisgesinne van die Hardap-skema afhanklik.

[email protected]

Soortgelyk

 

Destined to inspire

8 ure gelede | Mense

Ester KamatiSem Mandela Uutoni’s desire for community development manifests itself in his work and is what drove him to pursue a bachelor’s degree in regional...

Make education your New Year’s resolution in 2020

8 ure gelede | Mense

Albin JacobsWith the holiday season drawing to a close it is time to focus on the new year, 2020. Almost everyone makes some kind of...

Dankbare dorre aarde

8 ure gelede | In beeld

“Die Karasberge in die Karasburg-distrik het onlangs vir die eerste keer in vier jaar reën gekry,” sê NP Esterhuyse, wat dié pragfoto geneem het.

Groot kanonne hoor kiessaak

8 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Alle oë is vandag op Namibië se hoogste hof, die hooggeregshof, waar die land se heel eerste onafhanklike presidensiële kandidaat dié hof...

Katrina hoor gou oor appèl

8 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Die voormalige minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, sal eersdaags hoor of haar aansoek om verlof tot appèl geslaag...

Fearless manager - Game of Phones

8 ure gelede | Mense

Michelline NawatisesLeandro van Wyk, call centre manager at MultiChoice Namibia, started his career in the banking industry in 2001 as a back-office ledgers clerk, after...

Connecting clients to the correct networks

8 ure gelede | Mense

Ester Kamati With internet connection, there is no stopping Macveren Kapukare, a telecommunication engineering graduate who is passionate about making a difference in the world...

Oudonderwyser sit steeds

8 ure gelede | Howe

Denver Kisting - Die 69-jarige man, wat sedert verlede naweek op Rehoboth in polisieaanhouding is weens beweerde verkragting, se formele aansoek om borgtog het nie...

Aandag alle bruidspare!

8 ure gelede | Gebeure

Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie skop weer vandag af. Paartjies wat tussen 1 Maart 2019 en 29 Februarie 2020 getroud is, kan vir vanjaar...