Wat koop mense wat polonie geëet het nou?
Tasneem van Rooyen - Eiers is een van die produkte wat waarskynlik goed sal verkoop in die tyd dat mense lugtig is vir koue vleise.
Eiers is een van die produkte wat waarskynlik goed sal verkoop in die tyd dat mense lugtig is vir koue vleise.
Kaas, eiers en sardyne – dís die produkte wat waarskynlik nou baie goed gaan verkoop in dié tyd dat mense lugtig is vir polonie en ander koue vleise weens die listeriose-epidemie.
Woordvoerders van winkelgroepe sê dis nog ’n bietjie vroeg om geldwaardes te gee van hoe mense se koopgewoontes verander het sedert die nuus verlede week dat tekens van listeriose in fabrieke van Enterprise en Rainbow Chicken Limited (RCL) gevind is.
Alle koue vleise en polonies van dié vervaardigers is onmiddellik van die rakke verwyder. Woolworths het as veiligheidsmaatreël ook van sy ham en ander koue vleise verwyder omdat Enterprise dit verpak.
Winkelgroepe is dit eens dat mense nou lugtig is vir álle polonies en koue vleise, al is net dié twee vervaardigers se produkte onder verdenking.
Omdat polonie vir veral armer mense ’n gewilde bron van proteïene is, kan dit gebeur dat die verkope van goedkoper proteïenryke produkte in dié tyd gaan kan styg.
“Verskeie bekostigbare produkte bevat baie proteïene soos onder meer kaas, eiers, sardyne, tuna, visvingers, boontjies en smere soos grondboontjiebotter. Dit is die produkte wat mense nou eerder sal oorweeg,” sê die Shoprite-groep se kommunikasie-afdeling.
Verbruikers laat blyk ook dat hulle koue vleise probeer vermy, ongeag die handelsmerk.
“Ek het nie baie koue vleise gekoop in die verlede nie, maar my kinders kry een keer ’n week polonie by die dagsorgsentrum. Ná die nuus oor listeriose het ouers gevra dat geen koue vleise aan kinders gegee word nie, al is dit winkels se huishoudelike handelsmerke,” sê Carine Lombard van Kirkwood.
“As ’n student, is ek baie lief vir koue vleise. Die nuus was natuurlik skokkend en ek bly nou heeltemal weg van alle koue vleis,” sê Jean-Pierre Lesch van Kaapstad.
“Dis nou ’n bietjie moeilik, want polonie en Weense worsies is nie net maklike etes nie, dis ook goedkoop. Ek vervang nou die koue vleise deur kaas, grondboontjiebotter en konfyt.”
David North, hoof van strategiese en korporatiewe dienste by Pick n Pay, sê dis belangrik dat mense nie álle koue vleise oor dieselfde kam skeer nie.
“Sommige mense was onseker oor watter produkte geraak is deur die listeriose-uitspraak. Ons het onmiddellik alle Enterprise- en RCL-produkte wat geraak is, verwyder. Ander produkte word nie in dieselfde fabrieke vervaardig nie en is dus nie geraak nie. Kliënte kan verseker wees dat die produkte veilig is om te eet.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie