Wat kook so?
Die tweede seisoen van die uiters gewilde progam What’s Cooking sal in die laaste kwartaal van die jaar afskop.
Michelline Nawatises
What’s Cooking is ? leefstylprogram oor Namibiese produkte, eetplekke en geleenthede van oral in die land. Dié program is in 2017 van stapel gestuur en word vanuit Windhoek bestuur. Daar is planne om dit ook na die ander landstreke uit te brei.
Die gedrukte media en digitale platforms van al drie dagblaaie van Namibia Media Holdings (NMH) word vir die program ingespan. Dit sluit Republikein, Namibian Sun en Allgemeine Zeitung in en op die manier het die publiek op soveel meer vlakke toegang tot inligting.
In die tweede seisoen sal na die kus gereis word om die produkte, eetplekke en gebeure daar blootstelling te gee.
Lloyd Zandberg sal in die tweede seisoen by Yochanaan Coetzee as mede-aanbieder aansluit, en die plan is om ook verskeie bekendes by sekere episodes hiervoor te betrek.
What’s Cooking is nie net op besighede gefokus nie, maar wil ook feeste soos Kasi Vibe, City Market en ander unieke geleenthede deel van die program maak.
As jy jou Namibiese produkte of handelsmerk wil bemark en deel wees van die program, kontak Lloyd by [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie