Wat inspireer jou?
Lloyd Zandberg
Inspirasie Tafels is woorde wat op menige Namibiër se tong dans. En dit is nie per ongeluk nie. Die aanloop na die eerste leefstylekspo in sy soort is besig om die belangstelling behoorlik te prikkel. Inspirasie Tafels is Woensdagaand 16 Augustus by die ou kragstasie bekend gestel. Dit was 'n aand vol gourmetkos, sjampanje, inspirasie en opwinding. Frans van Wyk, eienaar van Tamonika Events, het die aand met 'n indrukwekkende toespraak geopen. Aan sy sy was Bernice, Inspirasie Tafels se administratiewe klerk, wat die media en ander persoonlikhede meer oor dié leefstylekspo vertel het.
"Inpirasie Tafels is geen aangeplakte, klein skou nie. Ons bied Namibiërs ’n platform om eg Namibiese produkte te koop. Ons is baie trots daarop om nie net dié missie met julle te deel nie, maar ook ons droom," het Bernice gesê.
"Ek Ronel, Bernice, Nerine en Dawn het almal verskillende agtergronde, maar dit was ons determinasie en dryfkrag wat die projek op die been gekry het. Ons het regtig aan alles gedink en ekstra moeite geloop om die ervaring so gemaklik moontlik te maak."
Kollig het uitgevind wat die Inspirasie-span inspireer.
Nerine Uys:
Vir my kom inspirasie nie van iets of iewers spesifiek af nie. Ek vind inspirasie in plekke en goed waar ek geleenthede kan identifiseer of waar ek idees met mense met dieselfde visie kan deel. 'n Ander groot inspirasie vir my is reuke. Ek assosieer reuke met kalmte, nostalgie en drome.
Dawn Maritz:
Passie! Passie vir die lewe en passie vir wat jy doen. Mense wat die lewe aanpak en nie bang is om te doen wat hul harte gelukkig maak nie en wat gedryf word deur dit waarin hulle glo, is vir my ongelooflik inspirerend.
Bernice van Staden:
Minderbevoorregte mense wat nie geleenthede het nie en steeds bo uitkom. Mense wat nie ’n kans het volgens die samelewing se standaarde nie, maar steeds alle verwagtinge oortref.
Ronel van Wyk:
Die geleentheid om te kan lewe is my inspirasie.
Alle kreatiwiteit spruit uit oomblikke in my lewe.
Wat ek sien, hoor, ruik, voel en ervaar is alles wat die lewe bied en dit inspireer my om meer te wees.
Frans van Wyk:
Inspirasie van die hart - die ideaal om jouself te wees, jou hart te laat lewe en daardeur jou passies aan te blaas. Om te maak en te doen, deur jou wildste verwagtinge te oortref en nooit jammer te sê vir wie jy is nie. Jou minste is moontlik ander mense se meeste en daardeur kan jy jouself wees en ander inspireer sonder dat jy weet jy het ’n impak op iemand anders se lewe gehad.
Hou die Kollig dop vir meer inligting oor kunstenaars wat by die ekspo optree, internasionale en plaaslike uitstallers, kosstalletjies en ander vermaak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie