Wat doen 'n oudioloog?
’n Oudioloog is 'n opgeleide gesondheidswerker wat gehoor/gehoorverlies, tinnitus (’n gesuis in die ore) en soms ook balansprobleme in volwassenes, bejaardes, kinders asook in pasgebore babatjies evalueer, behandel en rehabiliteer.
Gehoor en gehoorverlies
Gehoorverlies is wêreldwyd een van die mees algemene gesondheidsprobleme. Ongelukkig is dit ook een van die gesondheidsprobleme waaraan nie genoeg aandag geskenk word nie. Dis ’n groot jammerte, aangesien gehoorverlies en sy gevolge met groot sukses behandel kan word.
Hoe werk dit?
Die gesonde menslike oor het die vermoë om ’n breë spektrum klanke waar te neem. Die mees algemene tipe gehoorverlies in volwassenes is ’n hoë frekwensie gehoorverlies wat geassosieer word met ouderdom, geraasblootstelling of beide. In hierdie gevalle help dit selde om net die volume op te draai, want sekere klanke soos die s/sh, t, f wat spraakduidelikheid verseker, is nie meer hoorbaar nie. Dit lei dikwels tot misverstande, sosiale isolasie, frustrasie en depressie. Die primêre manier om mense met hierdie tipe gehoorverlies te help, is deur gehoorapparate.
Gehoor is ook die primêre sintuig wat die mens gebruik om spraak en taal aan te leer. Die vermoë om goed van geboorte af te kan hoor, is baie belangrik om normale spraak- en taal-, lees- en skryfvaardighede, asook ’n gesonde sosiale en emosionele beeld te ontwikkel. Dis daarom belangrik om gehoorverlies reeds vroeg te identifiseer en so gou as moontlik met rehabilitasie te begin.
Tekens van gehoorverlies
Vra uself die volgende vrae af:
• Moet ek dikwels mense vra om hulself te herhaal?
• Draai ek die TV/radio harder as ander mense?
• Is dit vir my moeilik om spraak in raserige omgewings of in groepe te volg?
• Dink ek dikwels dat ander mense mompel as hulle praat?
Indien u ‘ja’ geantwoord het op van hierdie vrae, is dit belangrik om met ’n gehoorkonsultant kontak te maak sodat die graad en tipe van u gehoorverlies bepaal kan word, en julle kan gesels oor die pad vorentoe.
Gehoorapparate
Gehoorapparaattegnologie het geweldige ontwikkeling ondergaan en bied nou gesofistikeerde oplossings wat selfs by ’n aktiewe leefstyl kan inpas. Apparate is heelwat kleiner as vroeër en besit selfs die vermoë om spraak suksesvol in geraas te identifiseer en te versterk.
Skakel Brits Audiology gerus indien u verdere inligting benodig of graag wil kom gesels oor u gehoorbehoeftes.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie