Was daar geld in Zuma se bunker?
Was daar geld in Zuma se bunker?

Was daar geld in Zuma se bunker?

Die voormalige openbare beskermer van Suid-Afrika se weergawe van hoe sy met alle mag gekeer is om toegang tot die bunker te kry, is vervat in ''n klankopname van haar onderhoud met Julius Malema, EFF-leier, tydens haar ondersoek na staatskaping.
Francoise Steynberg
Adv. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer (OB), is oomblikke voordat sy in pres. Jacob Zuma se ondergrondse bunker by Nkandla sou instap, voorgekeer, al het sy toestemming gehad om daar in te gaan.

Madonsela se weergawe van hoe sy met alle mag gekeer is om toegang tot die bunker te kry, is vervat in ''n klankopname van haar onderhoud met Julius Malema, EFF-leier, tydens haar ondersoek na staatskaping.

Dit is dieselfde onderhoud waarin ­Malema onder eed getuig het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, weet dat die Russe Zuma en die Guptas reeds betaal het om te verseker hulle kry die land se kernkragkontrak.

Madonsela sê sy het ''n vroeëre ooreenkoms met die veiligheidsministers gehad om die bunker te inspekteer. Een van die voorwaardes was dat sy alleen sou ingaan.

Sy sê op die spesifieke dag het sy met haar span by Nkandla opgedaag en soos ooreengekom begin werk.

Hulle het aanvaar die bunker sou laaste ondersoek word. Maar sake het ''n onverwagte wending geneem net toe sy in die bunker wou gaan.

“Toe ons by die ingang kom, het hulle ons skielik hand en tand beveg,” sê sy.



BRONNE

Madonsela sê in ''n bespreking later met ''n anonieme “redakteur van ''n groep koerante” is sy daarop gewys dat die rede vir die weiering was omdat daar geld in die bunker is.

Die redakteur het dié inligting by ''n senior politieke leier gekry wie se naam aan Madonsela bekend is.

Sy het egter nie die naam bekend gemaak nie.

“Volgens daardie redakteur was daar geld daar. En die rede hoekom ek dit sê, is nie bloot as ''n sappige skinderbrokkie nie,” het sy gesê.

Madonsela het dié inligting nie opgevolg nie.

“As jy sê Zuma en die Guptas is betaal: Wie is betaal, weet enigiemand hoe die betaling gedoen is, en aan wie?” het sy aan Malema gevra wat geantwoord het dat hy nie die besonder­hede het nie, behalwe dit wat Mantashe aan hom vertel het tydens geheime gesprekke oor samewerking in die Tshwane- en Johannesburg-metro''s.

Mantashe het glo die EFF probeer oorhaal om die skrapping van die kernkragooreenkoms as een van die voorwaardes vir samewerking te stel omdat dit onbekostigbaar is en die land sal “vernietig”.

“Dankie, agbare Ma­lema.

“As jy inligting kan vind van enigiemand wat ons kan help om die geld te ondersoek en uit te vind of dit betaal is . . .

“Dalk sal ek dit ook opvolg met daardie man. Hy is nie meer die redakteur van die groep koerante nie. Maar hy het daardie tyd oor die inligting beskik,” sê Madonsela aan Malema as ''n laaste versoek.

In haar verslag oor staatska­ping wat verlede maand uitgereik is, is geen melding gemaak van die kernkragooreenkoms of die bunker nie.

Mantashe het verlede week Malema se getuienis verwerp, maar die EFF-leier het by sy weergawe gehou.

Madonsela het die afgelope week gesê sy dra geen kennis van enige opname tydens haar onderhoud met Malema “op ''n rekenaar, selfoon en beslis geen video” nie.

As dit gevind kan word, “kan die egtheid daarvan bepaal word”.

Tweedens het sy besluit om geen opnames uit te reik nie, “behalwe vir die een met Zuma, wat nie oor getuienis gegaan het nie, maar eerder of hy wel ''n kans gekry het om sy weergawe te stel of nie”.

Sy het verdere navrae na adv. ­Busisiwe Mkhwebane, haar opvolger, verwys.

“Vra asseblief die nuwe openbare beskermer of sy enigiets weet oor wat die opname tydens die staatskapingondersoek behels in die lig van haar aandrang om alle vrae oor die ondersoek te beantwoord,” het sy gesê.

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.44 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 363.65/OZ UP +0.73% | Copper US$ 4.61/lb UP +0.91% | Zinc US$ 2 952.40/T UP 1.15% | Brent Crude Oil US$ 83.82/BBP DOWN -0.01 | Platinum US$ 994.50/OZ UP +0.93% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.44 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 363.65/OZ UP +0.73% | Copper US$ 4.61/lb UP +0.91% | Zinc US$ 2 952.40/T UP 1.15% | Brent Crude Oil US$ 83.82/BBP DOWN -0.01 | Platinum US$ 994.50/OZ UP +0.93%