Warriors wil steeds groep B wen
Sokker
Afrigter Bobby Samaria het die luuksheid van groter speling om sy Namibiese spelersgroep se werklas te bestuur in sy wedstrydgroepe vir die twee oorblywende wedstryde in groep B van die 2021 Cosafabeker-sokkertoernooi wat in Gqerbeha voortduur.
Die Tafel Lager Brave Warriors se twee opeenvolgende seges teen Senegal en Zimbabwe, waarin hulle vier doele behaal en net een afgestaan het, maak hulle die voorloper. Ná gister se rusdag speel hulle vandag teen Malawi en môre teen Mosambiek.
Die toernooi-organiseerders het aangekondig dat alle deelnemende spanne toegelaat word om drie bykomende spelers by die aanvanklike twintig te voeg en Samaria sal van hierdie kans gebruik maak.
“Ons sal beslis veranderinge aan die span aanbring. Die manne het twee taai wedstryde gespeel en ons het die gewenste uitslag behaal.
“Ons moet steeds versigtig trap om te verseker ons eindig boaan die groep. Ons wil vir meer spelers wedstrydgeleentheid gee en sal ons spankeuse daarvolgens doen,” het Samaria gesê.
Die afrigter het bygevoeg dat die Cosafabeker nog altyd 'n vertoonvenster was om goeie spelers in Suider-Afrika bloot te stel en so sal dit altyd bly, sê hy.
“Ouderdom speel nie sokker nie en as jy goed genoeg is vir die nasionale span, is jy goed genoeg. Ons span was bereid om te veg vir wat hulle wil hê en met twee oorwinnings kan ons vorentoe kyk.”
Samaria raak nietemin nie meegevoer nie.
“Ons het nog geen trofee gewen nie, maar as ons die derde wedstryd ook wen, kan ons spelers aan die buiterand ook speelkans gee.”
Net die twee topspanne in elke groep sal tot die halfeindstryd deurdring.
– NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie