Warriors weer teen eilandbewoners geloot
Sokker
Namibië se senior mansokkerspan, die Tafel Lager Brave Warriors, sal binnekort in die tweede kwalifiserende ronde vir die 2020 Afrika Nasieskampioenskap (CHAN) teen die Comore-eilande moet opstap.
In dié kontinentale kompetisie wat volgende jaar in Ethiopië aangebied word, mag slegs spelers gebruik word wat in die deelnemende lande se binnelandse sokkerliga aktief is. Altesame 47 spanne is tans in ’n stryd gewikkel om vir die 15 beskikbare plekke in die finale toernooi te kwalifiseer. Sestien lande, insluitende die gasheer sal dit dan sake in vier groepe uitspook.
Die trekking is Woensdag in Kairo, Egipte, by die hoofkantoor van die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) gedoen waar die organiseerders ’n vergadering gehou het. Volgens ’n verklaring van die Namibiese Sokkervereniging (NFA) was die trekking die hoogtepunt vir die 25 komiteelede wat die verrigtinge moes reguleer en goedkeur.
Namibië het laasjaar Januarie-Februarie in Marokko vir die eerste keer aan die CHAN-kampioenskap deelgeneem nadat hy die einste Comore-eilande met ’n aggregaattelling van 2-1 uitgeskakel het.
Voor hul ontmoeting met die eilandbewoners in 2017, het Namibië vir Zimbabwe in die tweede ronde in die wedloop vir Marokko geklop. Die Warriors het besonder goed in die Noord-Afrika-land gevaar en het die kwarteindronde bereik.
In die kwarteindronde moes Namibië ongelukkig die knie met 2-0 teen Marokko buig, wat uiteindelik sy eerste titel teen Nigerië met 4-0 in die finaal opgeraap het.
Om vir die tweede keer vir die Afrika Nasieskampioenskap te kwalifiseer, sal die Warriors in die eerste been weg in Moroni teen die Comores speel en daarna tuis in Windhoek. Die wenner tusen die Comore en Namibië sal dan teen óf Madagaskar óf Mosambiek in die derde en finale kwalifiserende ronde kragte meet.
Afrika is in ses sones opgedeel naamlik Noord, Wes, Wes B, Sentraal, Oos-Sentraal en Suid. Namibië kompeteer in die suidelike sone en net drie lande per sone kwalifiseer om volgende jaar Januarie en Februarie na Ethiopië te reis waar die sesde weergawe van dié kampioenskap aangebied sal word.
Verlede jaar het die tuisgebaseerde spanne van Marokko, Soedan, Guinee, Mauritanië (groep A), Zambië, Namibië, Uganda, Ivoorkus (groep B), Nigerië, Libië, Rwanda, Ekwatoriaal-Guinee (groep C) en Kongo, Angola, Burkina Faso, Kameroen (groep D) sake vir die CHAN-titel uitgespook. - Bygewerk van www.NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie