Warriors se Afcon-afsprake later in 2018
Sokker
Die Tafel Lager Brave Warriors se oorblywende kwalifiserende wedstryde in groep K vir die 2019 Afrika Nasiebeker-skouspel (Afcon) sal eers tussen September 2018 en Maart 2019 gespeel word.
Die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) het dié besluit geneem om Afrika se vyftal wat vir die 2018 Fifa Wêreldbeker in Rusland gekwalifiseer het – Egipte, Marokko, Nigerië, Senegal en Tunisië – te help om behoorlik vanaf Maart 2018 vir die skouspel voor te berei.
Die Wêreldbekertoernooi skop op 14 Junie 2018 af en duur tot 15 Julie, wanneer die finaal in die Luzhniki-stadion in Moskou plaasvind.
Namibië sou op 23 Maart 2018 in die Sam Nujoma-stadion teen Zambië in groep C te staan gekom het, maar die botsing sal nou eers op 8 September kan plaasvind. Guinee volg tussen 12 en 20 November, terwyl die finale kwalifiserende stryd enige dag tussen 19 en 29 Maart 2019 kan plaasvind.
Mosambiek is tans in groep K die voorloper, met Guinee tweede – ook met drie punte. Namibië en Zambië is op nul nadat die twee lande hul eerste wedstyd verloor het. In elke groep sal die naaswenner en wenner vir die 2019 Afcon-toernooi kwalifiseer.
Die 2019-weergawe sal die 32ste Afcon-kampioenskap wees. Tevore het 16 lande die kans gekry om te kwalifiseer, maar 24 lande sal in Junie en Julie in Kameroen aan die gesogte kompetisie deelneem. - NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie