Warren Whiteley bly toeskouer weens knie
Rugby
Christo Buchner - Die raaisel oor wanneer Warren Whiteley weer in aksie sal wees, is besig om te verdiep.
Nadat dié Springbok-agtsteman vroeër in die week deel van die Leeus se oefensessies was, is gister bevestig dat hy gewis nie Saterdag op Nuweland in Kaapstad in die Superwedstryd teen die Stormers sal kan speel nie.
Dit werp ook 'n donker skaduwee oor sy moontlike deelname vir die Bokke aan die toetse teen Wallis en Engeland.
Hoewel hy nie aanstaande week na Washington sou reis vir die toets teen Wallis volgende Saterdag nie, is daar gehoop dat hy gereed sou wees vir die drie toetse teen Engeland hier op tuisbodem.
Sy afwesigheid vir die Leeus Saterdag teen die Stormers plaas die nuwe Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, dus in 'n baie netelige situasie.
Of Erasmus dit sal waag om 'n speler te kies wat glad nie gespeel het sedert vroeg in Maart nie, is hoogs te betwyfel.
Dit sal Erasmus ook laat kopkrap oor sy kaptein vir die reeks teen Engeland, met die ander voorste kandidaat, Eben Etzebeth, wat in dieselfde bootjie as Whiteley is en boonop nog glad nie vanjaar op die speelveld gesien is nie.
In hul afwesigheid sal Siya Kolisi, die Stormers-flank en kaptein, waarskynlik na vore tree as 'n sterk kandidaat om die Springbokke te lei. Erasmus kan egter ook 'n speler soos Handré Pollard vir dié rol oorweeg. Hy het die Junior Bokke vroeër in sy loopbaan aangevoer en ook al as die Bulle se kaptein waargeneem.
Hoewel Bok-kapteins verkieslik hul rugby in Suid-Afrika moet speel, kan Erasmus hom egter ook tot strydrosse soos Duane Vermeulen (Toulon) of Francois Louw (Bath) wend vir die Engelse reeks.
Nuus uit die Leeus-kamp die afgelope maand of twee oor Whiteley was baie skraps en dit blyk dat hulle ewe in die duister is oor presies wat met sy kniebesering aangaan.
Na verneem word, toon skanderings dat alles in orde blyk te wees met sy knie, maar wanneer Whiteley hardloop, voel hy glo daar is steeds iets wat nie reg is met die knie nie.
Soos sake nou staan, sal Whiteley dalk ook eers sy wedstrydfiksheid in die SuperSport-uitdaagreeks moet bewys, voordat hy enigsins op hoër vlak, hetsy in Superrugby of die Springbokke oorweeg sal kan word.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie