Warm verrassing vir kleintjies
Die Hotel Pension New Nouveau in Eros, in die hoofstad, se werknemers en bestuur het onlangs besluit om in die huidige bibberweer iets vir die gemeenskap te doen. Sowat 400 van Laerskool Groot Aub se graad 0- tot 2-leerlinge is verlede Woensdag met sop en broodjies verras. “Ons wil dit weer doen,” het me. Riana de Greef en haar kollega me. Christiana Links gesê. Die kleintjies het sowat vyf potte groente- en lensiesop verslind. “Dit was 'n spanpoging, maar ons wil graag nog die hele skool doen,” het Riana gesê. Me. Memory van Wyk, mnr. Quinton de Klerk, mnr. Donald Kanutula, me. Anja Beukes en me. Christiana Links hou 'n wakende oog oor die potte op die vuur. Me. Cathleen Goedeman het foto's van die geleentheid geneem en op Facebook versprei.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie