Ware leierskap kan die wu00eareld verander
Ware leierskap kan die wu00eareld verander

Ware leierskap kan die wêreld verander

Vee eers voor eie deur
Ronelle Rademeyer
Dr. Kobus Laubscher



Die naweek se byeenkoms buite Bloemfontein waar bykans 1 miljoen mense hulle verootmoedig het in die soeke na 'n beter bedeling, het betekenisvolle implikasies.

Hierdie impakte word verklaar aan die hand van sogenaamde vermenigvuldigers. Die eerste is die monetêre impak van so baie kopers op een plek, maar daar is dalk 'n belangriker komponent wat oorweging moet kry.

Dit is die verbintenis van die teenwoordiges om te help met die herskikking van die sosiale en maatskaplike orde in 'n land met verskeie uitdagings; die belangrikste waarvan die duidelike gebrek aan politieke leierskap.

Wat die ­ekonomiese vermenigvuldigers betref, het die ekonomie van 'n stad en provinsie 'n ekonomiese inspuiting gekry van meer as R500 miljoen.

Dit is broodnodig vir 'n provinsie wat die ­afgelope jare agteruit geboer het in terme van welvaart­beskerming.

Dié monetêre bydrae sal met ope arms ontvang word. Wat nie uit die oog verloor moet word nie, is dat die besteding aan die voorbereiding en die uiteindelike bywoning betekenisvol meer kon wees as die omvang van vrywillige bydraes, goedere en dienste, ook bygereken word.

Wees deel van ­oplossing

So 'n berekening is egter nie nodig nie, want die gesindheid wat openbaar is, is belangriker. Dit straal bereidwilligheid uit om deel te wees van 'n nuwe oplossing vir uitdagings wat oor 'n wye boeg strek.

Suid-Afrika is te dikwels om die verkeerde redes in die nuus. Gefragmenteerde leierskap gee nie net aanleiding tot verwarrende boodskappe oor aspekte wat van wesentlike belang vir ekonomiese ontwikkeling is nie, maar destabiliseer die beleidsomgewing. Die beweerde behoefte om stabiliteit te skep deur byvoorbeeld eienaarskap van veral landbougrond in 'n drukgang te plaas, verontagsaam die realiteite van wie werklik saak maak by besluitneming om in die landbou te belê. Daarbenewens is dit ook ongrondwetlik.

Dit is onbetwis dat boere die grootste beleggers is in die landbou en dat geen behoorlike beleggingstrategie van regerings, sonder hulle medewete en insette, suksesvol kan wees nie.

Ander beleggers se bedoeling is nie altyd suiwer nie, veral wat regerings betref. Dit is duidelik dat daar nie onderskei word tussen uitgawes en investering nie. Daar is ook nie volhoubare voorbeelde van hoe die regerings betrokke, investering in die landbou komplementeer nie. Swak en afwesige korporatiewe bestuur en beheer, korrupsie en gewoon administratiewe onbeholpenheid erodeer dít wat bestee word.

Hierdie is inherente swakhede wat onvoldoende politieke leierskap ontbloot. Die byeenkoms waarna verwys is, was bedoel om hierdie en ander foute uit te lig, maar op 'n besondere manier. Vee voor jou eie deur en word so 'n beter landsburger wat positief kan bydra tot die daarstelling van 'n nuwe bedeling. Wees dus die verandering wat jy wil sien.



Landbou se rol

In hierdie opsig is die landbou deurlopend betrokke, want die sektor se heil wat volhoubaarheid betref, lê in die ontsluiting van strategiese sinergisme en die afspeel van uitdagings in terme van oorsaak en gevolge. Daardeur kan landbou aanpas binne die eksterne makro-omgewing en klimaatsveranderings, maar dan op voorwaarde dat die geaffekteerdes deelname gegun word.

Bevoorregting behoort gestalte te vind in ekonomiese ontwikkeling, werkskepping en regverdige pryse vir insette en uitsette. Voedselsekuriteit kan alleen volg as daar gelykwaardige toegang is tot hulpbronne en as dit doeltreffend benut word. Hierin het die staat 'n skeidregtersrol en nie 'n plaasvervangende rol nie, veral nie as dit geskied binne 'n omgewing van korrupsie en administratiewe onbekwaamheid nie.

Daar is 'n aantal beginsels ter sprake, naamlik verbeterende hulpbronaanwending wat bewaring en doeltreffende benutting die norm maak, verbetering en ontwikkeling van die toegekende hulpbronne, die konstante verbetering van die veerkragtigheid van gemeenskappe om op veranderings te kan reageer en beter korporatiewe bestuur en beheer.

Landbou is veral onderworpe aan voortdurende veranderings met klem op veral die modernisering van markte. 'n Strewe na die ontsluiting van die voordele van ekonomie van skaal, kan entrepreneuriese strewes versmoor as dit nie na behore gerig is nie. Daarvoor is die regte beleidsmengsel onontbeerlik asook kundigheid om dit te implementeer en te moniteer.

Daar is egter bewyse tot die teendeel, veral waar politici om die verkeerde redes inmeng.

Moderne landbou het 'n bewese rekord dat dit bydrae tot versnelde ekonomiese ontwikkeling, maar dan vra dit strategiese vlugvoetigheid van al die deelnemende partye.

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.66 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.93 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.67 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 298.94/OZ UP +0.33% | Copper US$ 4.44/lb DOWN -0.0138 | Zinc US$ 2 880.00/T UP 0.17% | Brent Crude Oil US$ 84.79/BBP DOWN -0.0219 | Platinum US$ 948.78/OZ UP +1.50% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.66 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.93 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.67 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 298.94/OZ UP +0.33% | Copper US$ 4.44/lb DOWN -0.0138 | Zinc US$ 2 880.00/T UP 0.17% | Brent Crude Oil US$ 84.79/BBP DOWN -0.0219 | Platinum US$ 948.78/OZ UP +1.50%