Ware Afrika-melodie
Karibib Private School (KPS) se koor is in 2015 deur Hilma Hamutenya gestig, wat in daardie jaar 'n graad 12-leerling was.
Die skool se huidige hoofmeisie, Grace !Goases, is gedrewe om nuwe lewe in die koor in te blaas.
“My hoofdoel as huidige dirigent is om die koor as span sterk te maak. Die belangrikste is dat die lede soos familie moet wees,” het Grace gesê.
Aangesien dit haar laaste jaar is, sal Carla Hockey, die huidige skoolhoof se dogter, as dirigent oorneem.
Die koor bestaan uit ongeveer 25 lede.
Een van die belangrikste vereistes vir koorlede is dat hulle musiek uit verskillende genres moet kan sing.
“Ons koor sing meestal tradisionele stukke, want dit is wie ons is. Die liedjies wat ons sing, is nie Namibies nie, maar ons probeer om die lirieke te verstaan.
Die koor is tans besig om uit te brei,” het Grace gesê.
Carla het gesê: “Ek wil graag hê die koor moet die leer klim en nie net 'n gemeenskapskoor bly nie.”
Sy het verder gesê dat sy regtig lief is vir musiek en haar bes sal doen dat die koor op nasionale vlak suksesvol kan wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie