WAP klop Gim op krieketveld
In die gewilde Gentleman's Cup tussen Windhoek Afrikaanse Privaatskool en Windhoek Gimnasium is die mededinging tussen die skole soos altyd in 'n baie goeie gees afgehandel.
Mariselle Stofberg en Andrew Poolman
Die Gentleman's Cup tussen Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) en Windhoek Gimnasium het vanjaar sy tiende bestaansjaar gevier en goeie krieket en sportmangees het tydens die toernooi geseëvier.
Die toernooi is die afgelope Donderdag en Vrydag in Windhoek by die Affiespark-sportveld in Pionierspark gehou waar die twee skole se krieketspanne vanaf o.11 tot o.19 mekaar die stryd aangesê het.
WAP was vanjaar die gasheer vir die wedstryde waarin selfs die onderwysers en tjokkers ook hul skool op die krieketveld verteenwoordig het.
WAP het uiteindelik die toernooi met ses punte teen drie gewen. Dit was Affies se eerste triomf in die Gentleman's Cup sedert 2012, met Gimnasium wat afgesien van die gelykopuitslag drie jaar gelede sake oorheers het.
Oor die vorige nege jaar van die toernooi het ongeveer 1 300 krieketspelers deelgeneem, en vanjaar het nog 100 die krieketveld betree.
In die hoofwedstryd tussen die o.19 eerste spanne het Gimnasium eerste gaan kolf en het in hul twintig boulbeurte 114/8 aangeteken. Gim het sy kaptein Jan-Izak de Villiers vir net vier lopies verloor toe hy uitgevang is, maar Ramon Wilmot was hul voorste lopiemaker met 42 van 23 balle (drie viere, drie sesse) wat steun van Renier van der Merwe (19) gekry het.
JC Balt (2/21) en Keanu Engelbrecht (2/25) van Affies-boulers was wat deurbrake gemaak het.
WAP was vroeg in die moeilikheid toe Lloyd Mills en JC Balt beide vir nulletjies moes terugstap, maar hul talentvolle kaptein, Nicol Loftie-Eaton, het hom as kolwer behoorlik ingegrawe en was onoorwonne met 78 lopies (40 balle) wat sy span gehelp het om oortuigend met sewe paaltjies te wen, met meer as ses boulbeurte oor.
Loftie-Eaton was op stryk met elf viere en drie sesse, terwyl sy kolfmaat Keanu Engelbrecht 19 nie uit nie van 15 balle bygedra het. Jan-Izak de Villiers se twee paaltjies vir 29 lopies was uiteindelik tevergeefs.
Die samesyn en ondersteuning tussen die twee skole was weer opmerklik en het gesorg vir nog 'n toernooi waar bande gesmee is en vriendskappe gebou word.
Die vernaamste uitslae van die 2019 Gentleman's Cup:
O.11A: WAP wen met 16 lopies (WAP 133/6; Gimnasium 117/8).
O.11B: Windhoek Gimnasium wen met agt lopies (Gimnasium 112/6; WAP 104/8.
O.13: WAP wen met sewe paaltjies (Gimnasium 111/6; WAP 112/3).
O.15: Windhoek Gimnasium wen met 12 lopies (Gimnasium 140/95; WAP 128/8).
O.19 eerste spanne: WAP wen met sewe paaltjies (Gimnasium 114/8; WAP 117/3 na 13.2 boulbeurte).
Die individuele Gentleman's-toekennings in die onderskeie ouderdomsgroepe is soos volg oorhandig:
O.11A: Stephan Venter (WAP) en JP Blignaut (Windhoek Gimnasium).
O.11B: Pieter le Roux (WAP) en Stefan le Grange (Windhoek Gimnasium).
O.13: Renier van der Merwe (Windhoek Gimnasium) en Ewan Lombaard (WAP).
O.15: Michael Feely (Windhoek Gimnasium) en Christiaan Hennes (WAP).
O.19: Clive Raines (Windhoek Gimnasium) en André Siepker (WAP) .

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie