Wanneer ’n ‘koektert’ jou ore aansit
Iréne-Mari van der Walt
Iets wat baie min mense weet, is dat ek van 11-jarige ouderdom gek daaroor was om te bak. Die skeppings wat my broer die “mieliepapkoek” en die “koektert” gedoop het, gee vir jou ’n idee oor my bakvernuf. Maar nietemin was die hoofdoel om dit te geniet.
Die koektert was my gunsteling om te bak. Nie omdat ek daarvan gehou het om ’n koek uit die pan te haal en die holtes onder in die koek te sien nie, maar omdat ek gehoop het ek sou eendag ’n perfekte koffiekoek bak.
Iewers tussen die vyfde en die 12de koektert het ek daar in die kombuis begin huil. Ek het weggestap, my moed was gebreek. Ek het ’n hele eetlepel bakpoeier in die beslag gegooi. Ek was moedeloos en raadop.
My ma het my teruggeroep en ek het in ’n tranerige uitbarsting koekbak afgesweer. Ek en bakpoeier is dan nou duidelik nie maats nie.
“Nee-nee my kind, mens huil nie oor jou eie koekterte nie. Jy was in beheer, dit is nie die koek se skuld nie. Jy moet maar net leer en verbeter,” het my ma gesê. Hierdie woorde het nie veel gehelp nie, ek was steeds in trane.
’n Paar jaar later kyk ek soos meeste Namibiërs op sosiale media hoe ons buurland Suid-Afrika se koek op die grond val (verskoon die woordspeling, ek het dit absoluut bedoel).
Met die plundering van talle winkels in Suid-Afrika het president Hage Geingob weer eens die land herinner ons sal werk daarvan moet maak om meer selfstandig te word. Hierdie is hoegenaamd nie ’n nuwe boodskap nie. Namibiërs sê dit al dekades lank vir mekaar in leë politieke gesprekke en toe Geingob as president aangewys is, het hy die #supportlocal-veldtog van stapel gestuur.
Soos altyd was die president se woorde skaars koud toe die publiek hul ontevredenheid in die sosiale media aankondig.
“Gaan jy vir ons plase gee?” “Gaan jy vir ons die geld gee?” “Is dit nou die tyd, Hage?” ween die kommentaar en ek besef dit is nie die regering se werk nie. ’n President moet nie self met beeste gaan boer sodat sy land steak kan eet nie en self koring plant sodat sy land brood kan bak nie. Wanneer gaan ons ophou om bakhand voor die regering te staan?
’n President moet ’n land met sy hulpbronne (en dit sluit menslike hulpbronne in) so effektief as moontlik bestuur om die beste vir sy mense te gee. Hage-hulle se werk is om ons in die regte rigting te stuur en die proses so glad as moontlik te maak. Hage se werk is nie om mielies te oes nie en Kalumbi se werk is nie om jou kopseer gesond te dokter nie.
’n Goeie vriend verduidelik onlangs vir my hoe hy as mediese student besluit of hy ’n mediese bron vertrou: “Verskillende dokters is goed in verskillende velde. As ek meer oor kanker wil weet, vertrou ek eerder ’n dokter wat sy lewe lank aan onkologie gewei het as ’n familiedokter wat alledaagse skete behandel. ’n Huisdokter wat 20 jaar gelede in ’n spesifieke rigting gespesialiseer het en nie op hoogte van die nuutste verwikkeling in sy veld gebly het nie, is waarskynlik ook nie so betroubaar soos ’n jong dokter wat onlangs sy graad verwerf het nie.”
Hy verduidelik verder die gesondheidsminister hoef nie die beste huisdokter in die land te wees nie, sy verantwoordelikheid is om die verskillende inligtingsbronne teen mekaar op te weeg om ’n volhoubare besluit tot beswil van landsburgers te neem.
Die president en ministers is in bestuursposisies. Hulle is nie die mannekrag nie, hulle taak is om die mannekrag reg te bestuur.
Dit is juis ons wat nie die inisiatief geneem het om jare gelede vir die president te luister toe hy plaaslike entrepreneurskap aangemoedig het nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie