Wanneer gaan die kindertjies na óns toe kom?

11 September 2018 | Rubrieke
Jo-Maré Duddy - Die hart van niemand kan ooit die dood van ‘n kind – enige kind – begryp nie. Nie ‘n “gewone” siekte- of ongelukdood nie, maar nooit die dood deur ‘n moord soos dié op klein Avihe Ujaha nie.

Sin sal daar nimmer in dié negejarige se grusame einde wees nie. Maar ek hoop – ek bíd – dat haar kortgeknipte lewetjie Namibiërs opnuut laat besin oor die lot van ons kinders. Dat haar dood die simbool word van hoe ons as Namibiese regering en gemeenskap ons kinders – en dus ons land se toekoms – faal.

Hoekom presies Avihe alleen daai noodlottige aand prooi geword het, weet ons nog nie. En dit maak ook nie saak nie. Want té veel kinders – hetsy op Skuldbult of in die sinkhuisdorpies aan die buitewyke van Windhoek en elders in die land – word aan hul eie genade oorgelaat.

Kom ons as grootmense wees onsself genadig: Dis dikwels om den brode. Ons het lankal nie meer ‘n keuse nie.

Nie die swart vrou in ‘n krothuisie op die onwettige stukkie grond wat sy afgekamp het en elke dag in vrees leef die munisipaliteit kom slaan plat nie. Ook nie wit of ekonomies bemagtide swart vrou wat soggens in haar luukse motor die kroos by die skool gaan aflaai nie. Beslis nie die middelklasvrou – (uiteindelik) kleur- en gesigloos in die nuwe Namibië – wat daagliks noodgedwonge dieselfde ritueel moet volg nie.

Of dit nou soggens vroeg, smiddae laat of skemeraand is . . . elkeen van ons se kinders is iewers alleen. Drentel waarskynlik verveeld en verlate in ‘n straat. Met g’n enkeling wat stop en vra: “Hoekom is jy nie in die skool nie?” “Wat maak jy dié tyd van die aand op straat?”

“Weet jou ouers waar jy is?”

Want ons is té moeg. Te blasé. Té vasgevang in die mallemeule van ons eie oorlewing. In die sweet van ons aangesig doen ons immers uit suiwer liefde die beste wat ons kan om vir ons kinders ‘n dak oor hul kop, ‘n bord kos op die tafel en ‘n trui teen die bitter koue te kan verseker.

Die swart sinkhuisvrou kom eers donker by die huis aan. Wanneer sy tot die beste van haar vermoë haar korporatiewe suster se kinders van die strate af kon hou. Waar haar eie hulle begewe, weet sy nie. Want sy’t nie ‘n keuse nie. Sy sloof haar waarskynlik teen minder as die minimumloon af. Want wetgewing is een ding, toepassing iets heeltemal anders.

Want in Namibië is ordentlike werk goud. Is ‘n verniet – of ‘n bekostigbare kleuter- of naskoolsentrum vir dié met ‘n salaristjek – die goudpot aan die einde van ‘n reënboog. Is ‘n basiese en bekostigbare huis wensdenkery. Want dit is ‘n politieke woer-woer waar niemand regtig in ‘n oplossing belangstel nie. Solank Mammon en sy boeties vir tenderbandjies net tevrede is.

In korporatiewe geboue is vroue (én mans) te skaam om saans te sê hul kinders wag tuis. Té bang om te erken hul gesinne móét belangriker as hul werk wees. Wat ‘n skande! Tipies die swakker geslag. En dit geld in merietebeoordelings, bonusse en bevorderings. En dít terwyl die huisverband en huurverpligtinge tik-tak-tok.

Afrika spog met ‘n pragtige uitdrukking: “It takes a village to raise a child.”

Ons verraai dit.

Ons as gemeenskap het papbroeke geword, vasgevang in ons eng dag-tot-dag-bestaan. Waar bure en die gesin straataf nie meer saakmaak nie. Waar die regering nie tot verantwoording geroep word nie. Waar die stem van burgerlike protes soos altyd byna doodstil is. Skoenmaker, bepaal jou by jou huishoudelike lees. Laat Gods water oor Gods akker stroom.

Die Groot Boek – soos baie ander religieuse geskrifte – skilder ‘n Verlosser met ‘n Groot Hart vir kinders. Want Hy of Sy of Dit weet: Kinders is die bloeisel van die mensdom. En hulle moet versorg en mee gespeel word. Bowenal moet hulle onvoorwaardelik geliefd wees. Hulle verdien die grootste kommoditeit van die hedendaagse lewe om te blom: tyd.

“Laat die kindertjies na My toe kom,” se die Boek waarna ek verwys.

Vir myself, my mede-Namibiers en ons land se regering vra ek: Wanneer kan, gaan en mag die kindertjies weer na ons toe kom?

Wanneer? Wánneer?

Soortgelyk

 

Regering staan bakhand vir 2% van Namibiërs se jáárlikse...

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – Die verwarring oor of die regering Namibiërs vra om 2% van een maand of een jaar se basiese salaris te skenk, is...

Making employees feel at home at Plastic Packaging

2 dae gelede | Mense

JONELL MALAN Human resource management is a function in organisations designed to maximise employee performance in the service of an employer’s strategic objectives. One empowers...

Duisende registreer vir e-taks

2 dae gelede | Ministeries

Elvira Hattingh - Altesaam 192 225 belastingopgawes is teen Dinsdag via die ministerie van finansies se nuwe aanlyn belastingdiens, die geïntegreerde belastingadministrasiestelsel (Itas), ontvang.Mnr. Tonateni...

Apollo 11-euforie só onthou

2 dae gelede | Tegnologie

Ronelle Rademeyer - Namibië se eie ruimteman, dr. Japie van Zyl, sê ’n getekende foto van die drie Apollo 11-ruimtevaarders, Neil Armstrong, Buzz Aldrin en...

Kalender 12 Julie

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Bottomless Coffee Band is ’n instrumentele, alternatiewe duo wat bestaan uit die getroude paartjie Lourens en Esté Rabé van Kaapstad, Suid-Afrika....

Weer vir 19 Julie 2019

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm.GETYE BY WALVISBAAI: H 04:47 L 10:41...

Nuwe begin vir vier wildehonde

2 dae gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Ná die tragiese skietvoorval in Februarie waarin drie wildehonde van die N/a’an ku sê-stigting en -wildreservaat glo deur personeel van die...

Just a click away

2 dae gelede | Gesondheid

Michelline Nawatises Organic Box is an online grocery shop specialising in selling organic vegetables, meat and dairy products, farm produce, and speciality homemade products.It was...

Rundu surveys new extensions

2 dae gelede | Plaaslik

The Rundu town council plans to survey two new extensions in the Tuhingireni informal settlement for N$ 1 million, according to the head of town...