Wanneer die wag voor jou mond dut
Jy is óf ’n Rian van Heerden-aanhanger óf glad nie.
16 Dinge wat ek nié moes sê nie openbaar in ieder geval ’n ander sy van dié omstrede omroeper en TV-persoonlikheid.
Die inhoud is meestal snaaks en pittig en die skryfwerk sonder aanstellerigheid. Hoofstuktitels is prikkelend. “Onbesny! (en suurstofdiewe)” en “Hoe skenk krimpvarkies geboorte?” is voorbeelde.
Die wag voor Van Heerden se mond dut graag. Daarom is die omroeper dikwels gedagvaar en afgedank. Tog slaan niks hom permanent plat nie. Behalwe natuurlik die letterlike houe wat hom al toegedien is.
Sy kinderjare was moeilik, lees jy. Dalk het dít, en sy deurlopende geloof in sy passie, tot sy veerkragtigheid bygedra. “Ek was verlief op die mikrofoon soos op ’n skoolcrush,” skryf hy.
Daarby het Van Heerden sukkelende radiostasies help red.
In “Bring my julle water” lees jy weer oor sy liefdadigheidsprojek om só verligting aan ’n droë noordweste te bring. Daar ís oplossings vir ’n watertekort. (Ja, Kaapstad!).
Die hoofstuk oor sy eerste gay verhouding is aandoenlik, terwyl die een oor sy lewe as nagklubeienaar snaaks is.
Op radio en televisie was daar onderhoude met karakters soos fopdosser Sizzling Sue, ’n siggestremde man wat boude kon “lees” en só jou toekoms kon voorspel, en ’n “vampier”.
Van Heerden is ’n baanbreker: Hy het ’n geboorte uitgesaai, die eerste in ons radiogeskiedenis, en die eerste rockkonsert (in Afrikaans) by die Voortrekkermonument gereël.
Die redigering van 16 Dinge
is goed, maar waarom word Engelse woorde soms kursief gedruk en ander kere nie? En wat is Sturge-Weber-sindroom? (’n Skaars brein- en veltoestand.)
Van Heerden skryf rou en eerlik. Wees egter gewaarsku: 16 Dinge is net vir oopkoplesers. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie