Wanderers soek afrigter vir voorspelers
Rugby
Die FNB Wanderers Rugbyklub hou op Woensdag 17 Oktober om 18:00 sy algemene jaarvergadering by die klubsaal in Pionierspark.
'n Verkiesing van ampsdraers en komiteelede sal gehou word. Volgens die voorsitter, mnr. Flip Louw, is hyself op die uitkyk om sy betrokkenheid af te skaal vanweë sy druk werkprogram. Sedert die afsterwe van sy pa, oom Daantjie, vroeër vanjaar, is Flip se tyd vir rugbybedrywighede redelik onder druk by die familie se bekende motorhandelaarsaak.
“Ek sal nietemin graag nog betrokke wees, al is dit in 'n minder prominente rol. Daar is altyd take wat verrig moet word en iewers pap wat op die grond kan val as iemand nie inspring nie.”
Die Wit Hingste se eerste span het vanjaar onder afrigterskap van Vince Dreyer die premierliga-titel gebuit deur met FNB Western Suburbs in die halfeindstryd en Trustco United in die eindstryd af te reken.
Dit was Wanderers se eerste triomf ná 'n droogte sedert 2010, hoewel die klub ook bestendig was deur vanaf 2014 tot 2017 die eindstryd te haal.
Volgens Louw is Wanderers tans in die mark om 'n voorspeler-afrigter by te voeg. Die voormalige Namibiese flank Tinus du Plessis is vanweë werkverpligtinge nie meer voltyds beskikbaar nie. Louw moedig belangstellende kandidate aan om hom by sel. 081 129 5535 te skakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie