Wanderers slaan eerste slag by Mariental Sesse
Krieket
Mariental Krieketklub se jaarlikse ses-aan-'n-kant toernooi laas naweek was soos gewoonlilk 'n gewilde geleentheid om die begin van die nuwe seisoen in te lui.
Verskeie Windhoekse klubs het die reis aangepak om die toernooi te ondersteun, voordat Samsung Wanderers uiteindelik die spankompetisie se wisseltrofee gewen het.
Spelers van Wanderers het ook die individuele toekennings oorheers. Die voorste lopiemaker van die dag was Wessel Myburgh met 119 lopies, terwyl sy spanmaats Bernard Scholtz die voorste bouler was met vier paaltjies vir 14 lopies.
Die ouer Scholtz-broer Nicolaas was die beste veelsydige presteerder met 88 lopies en as bouler vyf paaltjies vir 36 lopies. Uit die gasheerklub Mariental se geledere het Corne Karstens die prys as die beste veldwerker van die dag verdien.
Die uitslae van die toernooi was: Mariental A klop Zebra Vrouespan, WHSOB klop Green Mambas, United klop Mariental 1, Zebras klop Mariental A, Wanderers klop Green Mambas, Mariental 1 klop CCD, Zebras klop Zebra Vrouespan, Wanderers klop WHSOB, CCD klop United.
Semifinale: Wanderers klop Zebras; United klop Mariental A.
Finaal: Wanderers klop United.
Die organiseerders bedank al die borge wat die toernooi moontlik gemaak het, naamlik die Namibië Brouerye, Coca-Cola, Build-it Mariental, Ry en Kry Mariental, Oranjerivier Wynkelderye, Mariental Spar, Hartlief, Johan Brandt, Jimmy O'Kennedy en Gert-Jan Coetzee.
Mariental het ook waardering vir al die reisende klubspanne wat die dag kom ondersteun het, asook vir die steun van Krieket Namibië.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie