Wanderers se trekking aangeskuif
Wanderers se trekking aangeskuif

Wanderers se trekking aangeskuif

Sportklub hou Kersfeesmark
Die sportklub Wanderers het noodgedwonge aangekondig dat sy jaarlikse Miljoendollar-gelukstrekking uitgestel moes word.

Kaartjieverkope ws bestem om op 21 November 2020 te eindig, maar vanweë die Covid-19-inperkings is die verkope baie erg benadeel en is dit tans nie lewensvatbaar om die finale trekking aan te bied nie.

Ná beraadslaging en om ernstige verliese vir die klub te verhoed, is die finale trekking tot 1 Mei 2021 uitgestel, met kaartjieverkope wat nou op 17 April 2021 sal sluit.

Die sportklub vra verskoning vir die ongerief wat hierdeur veroorsaak word. “Die impak van die pandemie het landswyd en wêreldwyd getref en het ons gedwing om hierdie drastiese besluit te neem. Ons vertrou dat die publiek begrip vir die omstandighede sal hê.

“Ons bedank elkeen wat aanhou om ons te ondersteun en wat Namibië se voorste sportklub in gedagte hou. Ons sien daarna uit om weereens ’n gelukkige Namibiër ’n miljoenêr te maak, selfs in hierdie moeilike tye,” sê die sportklub se hoofbestuurder, mnr. Steven Berry.

KERSMARK

As deel van die eeufeesvieringe bied Wanderers van môre tot Saterdag ’n Kersfeesmark by die klubterrein in Pionierspark aan. Toegang beloop N$10 per persoon

Altesame 54 stalletjies is beskikbaar en besoekers sal uit ’n wye verskeidenheid kan kies en keur. Musiekkunstenaars sal optree; daar is ’n oester- en sjampanjekroeg; ’n speelarea vir die kinders en op die krieketveld sal van Namibië se beste spelers sake in die halfeind- en eindstryde van ’n T20-liga sake uitspook.

Daar sal ook geld ingesamel word vir die Wanderers-welsynsfonds, waarmee die klub beoog om van sy lede (huidig en voormalig) finansieel of op ander wyses by te staan wanneer nodig.

Die skedule van musikante se optredes is soos volg ontvang:

Donderdag 19 November (18:00 tot 22:00): Half Jack; Chix en Kevin.

Vrydag 20 November (18:00 tot 22:00): Wouter de Bruyn; Grappie (Jaco Claasens).

Saterdag vanaf 12:00: Wouter de Bruyn en vriende.

Kommentaar

Republikein 2025-05-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer