Wanderers klop United
Rugby
Vir die tweede keer vanjaar het FNB Wanderers die oorhand teen Trustco United in 'n premierliga-wedstryd van die Namibië Rugby-unie gekry.
Wanderers het die wedstryd by United se Gemsbokpark met 35-23 beklink nadat die wenspan rustyd met 20-9 voor was.
Met vier drieë teen twee kan daar min teenspraak teen die uitslag wees.
United het nietemin hardnekkig terugbaklei om net sewe punte agter te wees met 'n volle 20 minute speeltyd oor.
Vir Wanderers het die buitesenter Janry du Toit, flank Dirk de Meyer, slot en kaptein Kevin Vorster en skrumskakel Enem Kritzinger die drieë gedruk. Skoppunte het van losskakel Mahco Prinsloo (drie doelskoppe en twee strafdoele) en binnesenter Ethan Beukes (strafdoel) gekom.
United se kaptein Winmar Rust het met drie strafdoele geslaag, asook die doelskop vir haker Niël van Vuuren se drie. United het ook 'n strafdrie met die outomatiese doelskop gekry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie