Wanderers klop sy voorste uitdager Old Boys
Wanderers klop sy voorste uitdager Old Boys

Wanderers klop sy voorste uitdager Old Boys

Sonder sy beseerde kaptein en topkolwer Zane Green kon WHS Old Boys nie die mas opkom nie.
Andrew Poolman
Andrew Poolman – Samsung FNB Wanderers bly die voorloper en enigste onoorwonne span in Krieket Namibië se premierliga oor die eendagformaat (50 boulbeurte), nadat hy Saterdag op sy tuisveld die aanslag van sy grootste uitdager afgeweer het.

WHS Old Boys is die heersende kampioen en is steeds op koers om sy titel te verdedig, hoewel Saterdag se neerlaag sy tweede van die reeks was.

Old Boys sou waarskynlik sy wenkanse hoog gereken het toe hy die tuisspan vir 168 lopies uitgeboul het, maar kon hierna net antwoord met 107 almal uit, vir 'n nederlaag met 61 lopies.

Karl Birkenstock is as die speler van die wedstryd bekroon vir sy veelsydige bydrae, eers as kolwer en daarna met die bal.

Birkenstock se 62 lopies van 82 balle (ses viere, twee sesse) was onontbeerlik vir 'n behoorlik verdedigbare totaal, nadat Wanderers vroeër sy topvyf verloor het met 84 lopies op die telbord.

Danie van Schoor (8 van 33 balle) en Niko Davin (21 van 26 balle, 1x4 1x6) se vertrek het Wanderers op 40/2 gelaat, voordat Michau du Preez (0) en Jan Frylinck (4) ook goedkoop uitgehaal is. JP Kotzé (21 van 42 balle, 2x4) het 'n ruk lank vasgebyt voordat Birkenstock en ná hom Ruben Claassen (34 nie uit nie van 50 balle, 1x6) 'n bietjie aansien aan die kolfpoging gegee het.

Die 27-jarige Claassen, 'n Suid-Afrikaner wat tevore op provinsiale vlak vir Noordelikes gespeel het, is 'n onlangse aanwins vir Wanderers nadat hy 'n werkverplasing vir twee jaar Windhoek toe gekry het. Claassen en Birkenstock se vennootskap van 64 om die sesde paaltjie was die hoogste van die wedstryd.

Gerhard Erasmus, die nasionale Eagles-kaptein, het dié keer sy klub Windhoek Old Boys aangevoer in die plek van Zane Green, wat deur 'n voetbesering op die kantlyn gehou is.

Green, wat boonop paaltjiewagter en aanvangskolwer is, is dié seisoen briljant op dreef en sonder hom, Ruben Trumpelmann (uitstedig in Suid-Afrika) en Divan du Plooy (onbeskikbaar) het Erasmus 'n jonger Old Boys-span as gewoonlik gelei.

Erasmus het hom soos gewoonlik as draaibouler laat geld met 3/25 in sy tien boulbeurte om van Van Schoor, Du Preez en JC Balt (0) ontslae te raak. Craig Williams (1/16 in 8) en Tangeni Lungameni (1/16 in 7.2) was ook suinig om lopies af te staan.

Malan Kruger, wat Green se breë skoene as aanvangskolwer moes vol staan, het op 7 'n bal terug in die bouler Jan Frylinck se hande geslaan. Gerhard Erasmus het 6 behaal voordat Bernard Scholtz hom uitoorlê en geboul het.

Wimpie Viljoen (38 van 42 balle) en Craig Williams (23 van 24 balle) het positief gekolf, maar Wanderers het die deurbraak van laasgenoemde se paaltjie tot 'n ineenstorting laat uitrafel. Riaan Minnie (4), Gerhard Janse van Rensburg (5), Dylan Leicher (0), Tangeni Lungameni (0) en Mauritius Ngupita (2) kon nie vir Jason Bandlow (14) bystaan nie en Old Boys se beurt het op 'n teleurstellende 107 almal uit geëindig.

Bernard Scholtz se linkerarm draaiballe was die groot gif en het hom 4/26 in 10 boulbeurte besorg, terwyl die onblusbare Birkenstock met 3/23 in 7 boulbeurte ook op sy stukke was.



KAPTEINS SÊ

Gerhard Erasmus (Old Boys) sê dit was teleurstellend dat so min lopies in die wedstryd tussen die twee toonaangewende klubs in die land in onlangse tye aangeteken is.

“Dit was goed vir ons jong spelers om senior krieket te proe en om hulle ook groot te maak om toekomstige Eagles te word. Wanderers se diepte was te veel vir ons, maar ek is steeds trots op hoe ons kon veg en ons het baie geleer.”

Nicolaas Scholtz (Wanderers) sê ná hul kolfbeurt is gereken dat 168 “bietjie min” was. “Daar was twee uithardlope en 'n paar los houe en 'n paar goeie balle wat paaltjies geneem het.

“Die buiteveld was effens stadig en en die kolfblad het bietjie moeiliker gespeel as wat ons gereken het toe ons die oggend die loot gewen en gekies het om te kolf. Ek moet krediet gee vir die kolfwerk van Karl en Ruben om ons by daai totaal te kry.

“Vir ons boulers was dit 'n baie spesiale poging om WHS vir net 107 uit te boul. Nou sien ons baie uit na wat oorbly (een wegwedstryd Saterdag teen CCD Tigers, voor die semifinale die volgende naweek).”



KOLFBLAD LAAT UNITED IN STEEK

Trustco United is Saterdag vir net 72 lopies uitgeboul tydens sy besoek aan CCD Tigers in Pionierspark en het gevolglik met agt paaltjies verloor.

Stephen Baard het as CCD se kaptein ingestaan nadat Pikky ya France twee dae tevore by 'n nasionale oefensessie tydens 'n duikslag geval en sy hand beseer het.

Baard verduidelik hoekom die wedstryd vier ure later as die bestemde begintyd 'n aanvang kon neem en tot 28 boulbeurte per span ingeperk is.

“Vrydagaand het ons veldopsigter die kolfblad te veel natgelei as deel van die behandeling, omdat kolfblaaie neig om uit te droog weens die gereelde klub- en skolewedstryde daar.

“Saterdagoggend was die blad te nat en hoewel ons dit tyd gegee het om in die son te bak, was die blad steeds bitter sag. Hoewel ons ooreengekom het om 13:30 te begin speel, het ons redelik gou agtergekom die kolfblad is na regte nie geskik om op te speel nie.

“CCD se draaiers het goed gevaar en het dit vir United se kolwers moeilik gemaak om lopies te behaal.

“Toe CCD later gaan kolf, was die toestande effens meer gunstig, maar ek glo ook ons het meer gedissiplineerd gekolf én geboul. Ons het ook nie onder druk gespeel nie, vanweë die lae teiken wat ons moes jaag.”

Vir United was kaptein Lohan Louwrens se 12 lopies (23 balle) en nommer nege Christiaan Delport (22 van 31 balle, 2x4) die enigste dubbelsyfers, tesame met tien ekstras.

Tawanda Sithole was die uitblinker-bouler vir CCD met 4/12 in ses boulbeurte. Kolwers het Albert Mbwembwe (vyf boulbeurte, drie leeg, een lopie, een paaltjie) ook onspeelbaar gevind, terwyl Nicol Loftie-Eaton 2/17 in 6 geneem het.

CCD se jaagtog na die klein wenteiken was nie 'n groot uitdaging nie. Stephen Baard (19 van 31 balle) is deur sy eweknie Louwrens uitgevang van Ramsay McDonald se boulwerk en Ramon Wilmot (6) het van Dickson Vambe (1/8 in 4 bb) se boulwerk 'n vangkans aan JW de Jager gebied.

Nogtans het Joshuan Julius (26 nie uit nie van 39 balle, 3x4) en Nicol Loftie-Eaton (16 nie uit nie van ses balle) die takie maklik afgehandel. Loftie-Eaton het twee opeenvolgende sesse van omgekeerde veeghoue gemoker.

• Komende Saterdag: WHS Old Boys reis na Walvisbaai om teen MR24/7 Welwitschia te speel; CCD Tigers speel tuis teen Wanderers. Die semifinale is op 13 Maart.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%